Blouberg Aanteelveiling

27
Deur Arthur Blofield, Voorsitter Blouberg Aanteelveiling
Die Blouberg Aanteelveiling word jaarliks op Vivo aangebied deur n groep uitgelese beesboere in die omgewing. Die geslote studie groep is in 1994 gestig met die uitsluitlike doel om top gehalte, siekte vry vroulike aanteel beeste aan te bied aan ander telers wat goeie genetika wil bekom.
Die studie groep staan onderleiding van die voorsitter:
- Robbie Emmerich (1ste Voorsitter)
- Pieter Hoogenboezem (Voormalige Voorsitter)
- Arthur Blofield (Huidige Voorsitter)

Die eerste veiling is gehou op 25 Januarie 1994 en die 28ste veiling vind DV plaas op 10 Februarie 2022. Die veiling is nie beperk tot ‘n spesifieke beesras nie hoewel die afgelope paar jaar word slegs Bonsmara en Bovelder beeste aangebied. Die Bonsmara beesras is in die onmiddelike omgewing van Vivo by die destydse Mara Proefplaas ontwikkel.
Beide rasse is goed aangepas en presteer baie goed oor groot dele van die land. Die veiling se slag speuk “Room van die Noorde” is gebaseer daarop dat verkopers die room van hul geslote kuddes aanbied by die veiling. Hierdie is n top prestige/elite kommersiële bees veiling wat waarskynlik nie maklik in Suid Afrika geklop sal word nie. Dit is nie n stoet veiling nie en geen bulle word aangebied nie.
Die veiling se sukses die afgelope 28 jaar is gebou op trots, integriteit, sterk praktiese uitvoerbare reils, beproefte siekte beheer plan, steng keuring, lojaliteit, positiewe gesindheid en goeie ingesteldheid van lede en gas verkopers teenoor mekaar, verkopers, veilings huis (Vleissentraal), borge, ander betrokkenes en belangstellendes.
Borge speel ‘n uiters belanrike rol in die die aanbied van so ‘n veiling en word bedank vir die volgehoue ondersteuning. Kopers se voorkeure het verander oor die jare en is baie meer ingesteld om net die beste vroulike aanteel diere te bekom wat voldoen aan hulle standaarde. Die boere betrokke by Blouberg aanteelveiling is deeglik bewus hiervan en poog voortdurend om kopers tevrede te hou.
Slegs die allerbeste top kwaliteit, funksioneel gesonde en reproduserende diere word aan gebied wat van self sal verkoop. Die nodige dissipline en innoverende denke word gehandhaaf om deurlopend te verbeter. Alle veilingsdiere word vooraf op die verskillende plase gekeur om uitsoek gehalte te verseker.

‘n Wye verskeidenheid faktore word in ag geneem tydens keuring onder andere:
- Gesondheid
- Kwaliteit
- Voorkoms/Visieël
- Kapasiteit
- Vroulikheid
- Reproduksie
- Funksioneel
- Melk/Kalf kondisie
- Identifikasie
- Kudde bestuur
Ons telers is almal toegewyde beesboere met ‘n passie vir wetenskaplike beesteling. Die groep poog om elke jaar die standaard te verbeter om te verseker dat slegs top diere aan kopers beskikbaar gestel word. Daar is baie uitdagings in die bees bedryf maar die groep het bewys dat hulle dit suksesvol kan trotseer en oorkom. Ons ontmoet die mark en forseer nie reserwe pryse af nie. Ons is toekoms gerig en het dinamiese jong boere as deel van die groep.
Die ervaring van gevestigde boere en nuwe denke uit die jong boere se geledere gee momentum en diversiteit aan die groep wat groei en toekoms bou verseker. Gesondheid en reproduksie is top prioriteite en net die beste kwaliteit word aangebied. Ons ontmoet die mark met die beste bod. Ons gebruik steeds beproefde bemarkings metodes uit die verlede maar glo sterk in tegnologie, nuwe ontwikkeling en vooruitgang.
Daarom is doeltreffende digitale bemarking wat voordele inhou om vining baie meer mense te bereik oor ‘n wye gebied vir ons ‘n gegewe. Ons voel sterk oor die gekombineerde kraal en aanlyn veiling metode om die diere op te veil. Hierdie veiling vind net een keer per jaar plaas en moet beslis nie gemis word nie.