Categories: Artikels, VeiligheidPublished On: 5th August 2021

Beveilig jou plaas teen aanvalle en veediefstal

By 3 min read
632 words

Surveillance King

Plaasveiligheid is iets wat in elke boer se agterkop spook. Almal is bewus van die aantal geweldadige misdade wat jaarliks op ons land se plase voorkom. Boere probeer alles in hul vermoë om hulself te beskerm teen hierdie sinnelose geweld. Ongelukkig is daar ook sekere mense wat hierdie kans gebruik om munt te slaan uit boere se kwesbaarheid.

“Daar is baie maatskappye wat kameras aan boere lewer wat nie op standaard is nie. Die boer betaal dan ՚n arm en ՚n been vir die kamera wat die mense kom oprig, en drie maande later as die goed nie meer werk nie is
die verkoopsman skoonveld,” vertel Jacques Wessels, eienaar van Surveillance King.

Verder moet die boer besluit wat die doel van die kamerastelsel op die plaas is. Indien dit bloot net is om videos op te neem gaan dit nie veel beteken om die plaas te beveilig nie, en hoef die boer nie die beste, duurste kameras te koop nie. Indien die boer graag die kamerastelsel wil gebruik om die plaas veiliger te maak is daar baie faktore wat in ag geneem moet word. Daarom besoek Jacques elke boer wat ՚n kamerastelsel deur Surveillance King wil laat oprig.

“Ek besoek die boer om te sien presies wat sy behoeftes en risiko is, en daarna word die pakket uitgewerk om die hele boerdery te dek
met ՚n bestuursplan vir die kamerastelsel,” verduidelik Jacques.

Jacques Wessels van Surveillance King in sy kamerabeheerkamer.

Surveillance King se kamerastelsels word so ontwerp dat die kameras oorvleuel sodat daar nêrens wegkruipplek vir kwaaddoeners is nie. Die kameras kan ook so gestel word dat enige beweging bo ՚n vasgestelde hoogte, na ՚n vooraf bepaalde tyd in die aand ՚n alarm laat skree. Die kamera se alarm is veeldoelig.

“Eerstens skree die alarm by die kamera om die indringer te laat weet dat sy posisie verklap is. Daar is ook ՚n alarm wat in die boer se slaapkamer afgaan om hom te laat weet dat daar ՚n indringer op sy eiendom is. Derdens stuur die kamera se alarm ՚n radiosein na die Surveillance King-beheerkamer sodat die personeel die plaaslike plaaswag in kennis kan stel,” sê Jacques.

Jacques Wessels van Surveillance
King inspekteer een van die Thermal Network Hybrid Speed Dome kameras wat op sy mobiele toesigwaens geïnstalleer is.

Kragonderbrekings is nie net ongerieflik en ՚n ekonomiese kniehalter nie, dit skep ook wesenlike veiligheidsrisikos aangesien meeste veiligheidstelsels van elektrisiteit afhanklik is. Jacques en sy span het ook vir hierdie probleem ՚n oplossing. Die kamerastelsels word op batterye
gekoppel wat deur Eskomkrag gelaai word.

Wanneer die elektrisiteitsvoorsiening onderbreek word het die batterye genoeg krag om die kamerastelsel vir 6 ure te laat werk voordat die batterye herlaai moet word. Die batterystelsel kan ook op alternatiewe kragbronne soos sonpanele of kragopwekkers gekoppel word. Dit hang alles af van die boer se behoeftes en bestaande infrastuktuur.

“Naverkopediens, eerlikheid en integriteit is die hoekstene van Surveillance King,” sê Jacques. Boere kan die kamerastelsel laat finansier deur Surveillance King oor ՚n 60-maande-tydperk*. Vir daardie tydperk word alle versiening, herstelwerk en sagteware-opgradering deur Jacques gedoen.

Die kameras wat Surveillance King verskaf wissel na gelang van die boer se behoeftes, maar Jacques sorg dat die boere toegang het tot die beste en nuutste tegnologie wat beskikbaar is. Die kameras se sigveld wissel tussen ՚n straal van 1 tot 3 km en kan tot op ՚n afstand van 4 km sien. Daar is ook
kameras beskikbaar wat “slim” genoeg is om tussen mense en diere te onderskei. Die kameras wat uiteindelik op die boer se plaas opgerig word hang alles af van die boer se behoeftes en risikos.

*(Bepalings en Voorwaardes geld)

Surveillance King se leweringsarea sluit die Wes-Kaap, Noord-Kaap,
Vrystaat en Noordwes in. Kontak 082-702-5332 of stuur ՚n e-pos na info@survking.co.za Besoek ook gerus die webwerf by www.survking.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0