Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 6th February 2025

Beter verrigting, minder brandstof tydens oestyd

By 3 min read
582 words

combine-harvester-4401822_1920

Bron: Pixabay

Boere wat oorweeg om stropers se kraglewering te verbeter, doen dit gewoonlik om twee redes. Eesrtens gaan dit oor die verbetering van sy oes deur besparing van bedryfskoste. Dit word gedoen deur verstellings aan die stroper se elektroniese beheereenheid om die waardes daarvan te verander. Die hoër kraglewering versoorsaak aldus nie hoër brandstofverbruik nie, maar beteken dat ’n stroper teen ’n hoër rat, en dus laer brandstofverbruik, kan werk.

Die tweede rede gaan suiwer om die hoër kraglewering en gevolglike hoër spoed waarmee gewerk kan word sodat daar tydsbesparing is. Van ’n 9 liter-enjin (vlak 1-tipe) kan daar sowat 26-40 kW meer krag met brandstofinspuiting verwag word. Dit is veral voordelig vir boere wat beplan om ’n nuwe werktuig aan te koop om nou die maksimum hoeveelheid krag uit sy stroperenjin te kan haal, maar teen ‘n fraksie van daardie nuwe voertuig se koste.

Die verstellings hou steeds die enjin se kraglewering binne perke, en bly binne die parameters van die enjin soos deur die vervaardiger gestel is. ’n Swaarder werktuig kan vinniger en makliker deur ’n land beweeg word, hoewel die vervaardiger se spesifikasies nooit oorskry word nie. Vervaardigers bou juis enjins met ‘n verskeidenheid kraglewerings opsies in gedagte sodat elke behoefte aan voorsien kan word. Footprint Performance gebruik hierdie riglyne sodat die werktuig optimaal sal funksioneer vir jare wat nog kom.

Daar is dus heelwat voordele daaraan om ’n stroper se kraglewering te verstel. Waar ’n stroper sukkel met werkverrigting, is daar nou nie meer ’n opgradering na ’n groter model nodig nie omdat die boer bloot die nodige krag vir sy bestaande stroper kan bysit, teen n baie laer koste. Dit hou klaar ’n finansiële voordeel vir die boer in, want die prysverskil tussen stropers binne ’n reeks is baie groot.

Die brandstofvoordeel moet ook nie onderskat word nie. Brandstof is een van ’n boerdery se groot uitgawes en waar dit beter en meer doeltreffend bestuur kan word, word dit ’n beduidende voordeel vir die boer se sak. Die verbetering bespaar nie net brandstof danksy die laer ratkoers nie, maar help ook om die werk vinniger af te handel.

Beter werkverrigting sorg vir meer besparings op werk wat gedoen moet word.

Mnr. Hattingh, ’n boer en kontrakteur van Bethlehem, sê die herprogrammering hou voordele op verskillende vlakke in. “Ons het tydens die afgelope strooptyd gesien dat ’n stroper tot 3 liter minder brandstof per hektaar gebruik en vinniger stroop as voorheen. Terselfdertyd is skeurploegbewerking ook vinniger, maar met minder dieselverbruik per ha deur jou trekkers omdat hulle nou meer krag het.

“Vanjaar was die vierde seisoen sedert ek die stelsel in gebruik geneem het. Ons strooptyd het met 15-20% verminder en dieselverbruik van ons stroper met 10-20%. Onthou, dit is nie die stroopmeganisme van die stroper wat die spoed beperk nie, maar die kraglewering van die enjin.”

Jaco Dippenaar van Footprint Performance is optimisties oor die voordele wat die verbetering van diesel werktuie vir boere inhou. “Ek het onlangse terugvoer in Warden tydens mielie oestyd gekry en verneem dat hierdie spesifieke New Holland CR6.80 stroper wat ons verbeter het, ’n besparing van tot R200 000 oor 2300 hektaar getoon het tydens die 2024 seisoen. Dit was ‘n besparing van sowat 3,5l/ha oor die algemeen, en dit in slegs die eerste seisoen!”

“Uiteindelik bied ons beter kraglewering, wat tot beter doeltreffendheid, vinniger werkverrigting en tydsbesparing lei. Vir ’n boer is elkeen van dié faktore goud werd.”

Vir meer inligting besoek hulle webwerf by www.footprintperformance.co.za/tractor

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0