Besoek SGS NviroCrop by NAMPO Oesdag 2026

ChatGPT Image May 5, 2026, 03_02_41 PM
SGS NviroCrop gaan vanjaar weer hul merk maak by NAMPO Oesdag – en vir boere wat hul opbrengs én winsgewendheid wil verbeter, is dit ’n stalletjie wat nie gemis moet word nie.
As ’n onafhanklike landboukundige diensmaatskappy fokus SGS daarop om boerderybesluite met presiese data en kundige insigte te ondersteun. Deur boere te help om sowel opbrengs as gehalte te optimaliseer, speel SGS NviroCrop ’n sleutelrol in meer volhoubare en winsgewende produksie.
Besoekers kan by NAMPO eerstehands sien hoe hul oplossings prakties op die plaas toegepas word en watter verskil dit maak.
Hul kernbesigheid is om inligting in te samel op jou plaas en dit so te verwerk dat hulle vir jou raad kan gee oor hoe om jou hulpbronne te bestuur en die meeste daarvan te maak omdat al die grond op jou plase nie noodwendig dieselfde is nie.
Hulle kan jou help met:
- Grondontledings
- Blaarweefsel-, water-, kunsmis-, organiese en kalkontledings
- Grondklassifikasie
- GPS-grond- en blaarmonsters
- GIS-kaarte, waardebepalings en kunsmisaanbevelings
- Onafhanklike landbou-adviesdienste vir volhoubaarheid
- Gewasverkenning
- Ekonomiese lewensvatbaarheid van aktiewe plaasgronde
- 24/7 monitering van jou gewasgroei en waarskuwingsmodel
Grondklassifikasie
Grondklassifikasie is nie net ’n tegniese oefening nie, dit is ’n kerninstrument wat bepaal hoe suksesvol en winsgewend ’n boerdery kan wees. Deur jou grond korrek te klassifiseer, verstaan jy presies waarmee jy werk, en dit help jou om beter en meer ingeligte besluite te neem.
Eerstens help dit jou om die potensiaal van jou grond te bepaal. Dit speel ook ’n groot rol in waterbestuur en koste-effektiwiteit.
Tydens grondklassifikasie lê hulle die fisieke eienskappe van die profiele op jou lande uit. Hierdie eienskappe is dit wat jou plantwortels gaan ervaar en waarin jou plant staan.
“Die fisieke eienskappe van jou grond bepaal tussen 60% en 70% van jou plant se potensiaal. Daarom is dit baie belangrik dat jy weet wat onder die grond aangaan,” sê PD Koegelenberg, SGS Nvirocrop se landboukundige in die Wes-Kaap.
Hierdie klassifikasie kan op verskeie maniere gedoen word. PD verduidelik dit is duur en tydrowend om met ’n laaigraaf in te gaan en jou grond op te grou sodat die grondkundige agter die laaigraaf kan aanloop en toetse doen.
SGS Nvirocrop het spesiale bore wat hulle gebruik om onversteurde grondmonsters uit die grond te haal. Die buise met grondmonsters word dan op ’n sentrale plek geklassifiseer deur ’n grondkundige. Die proses laat hulle ook toe om monsters op verskillende plekke in jou lande te neem sonder om jou lande te versteur, dus kan hulle ’n volledige prentjie kry van die tipe grond wat op elke deel van jou lande beskikbaar is.
Die inligting wat hulle uit daardie buise insamel is ongelooflik waardevol. “Jy kan sien waar ’n verdigtingslaag is, hoe diep die grond is, hoe diep die wortels penetreer en wat die tekstuur en struktuur van die grond is,” vertel PD.
Dit help hulle om te bepaal wat die boer moet doen om die meeste van daardie grondprofiele te benut.
Daar is ook plekke waar hulle laer potensiaalgrond kan uitwys waar verdere ontwikkeling ’n mors van tyd sal wees.
Hierdie tipe klassifikasie word gewoonlik op droëlande gedoen, maar kan ook handig te pas kom in areas waar permanente gewasse gevestig moet word.
Die grondkaart is belangrik om jou kunsmis en variënde plantestandkaarte te kan opstel sodat ‘n boer se winsgewendheid verder kan verhoog deur minder te gee waar die potensiaal laer is en meer te gee waar die potensiaal hoër is en steeds by die boer se gemiddelde begroting uit te kom. Die belangrikste is om na oes jou winsgewendheid te kan evalueer ten opsigte van jou keuses van jou produkte. Dit is alles moontlik met SGS NviroCrop.
Besoek gerus hul webtuiste by www.sgs.com vir meer inligting oor hoe om jou opbrengste te verhoog deur jou grond beter te bestuur of kontak hulle landboukundiges.