Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 13th May 2026

Beskerm sonpanele teen voëlskade met Eagle Eye

By 2 min read
345 words

63beae6d-d563-4705-81a2-9676afb7a089

Sonpanele is deesdae boere se grootste bate om hulle van krag te voorsien. Daarom is dit ook uiters belangrik dat die panele tot hul volle potensiaal gebruik word om krag op te wek, en daarvoor kort boere skoon sonpanele.

Voëls wat onder sonpanele nesmaak en skuiling soek, kan uiteindelik groot skade aanrig. Buiten die gemors wat ophoop, kan hulle ook die doeltreffendheid van sonpanele ernstig beïnvloed. Wanneer voëlmis op die panele beland, vorm daar hittekolle wat die panele se werkverrigting verswak en in uiterste gevalle selfs permanente skade veroorsaak. Dit lei nie net tot duur herstelwerk nie, maar ook tot verliese in energie-opwekking.

Daarom is Eagle Eye se sonpaneel-gaassluitings (mesh closures)  die perfekte oplossing.

Eagle Eye se swart PVC-bedekte gegalvaniseerde gaasrolle (30 m x 15 cm breed) saam met spesiale sonklampe waarmee die gaas stewig aan die sonpanele vasgemaak word, hou voëls weg. Die produk beskadig ook nie die sonpaneelinstallasie nie.

Die gaas is bedek met PVC om te verhoed dat daar ’n reaksie tussen die aluminiumraam van die panele is.

Dit is ook maklik om self te installeer omdat die gaas buigsaam en maklik is om te knip. Indien jy wel ’n installeerder benodig kan Eagle Eye in elke streek ’n hersteller aanbeveel.

Hierdie doeltreffende voëlbeskerming:

  • Voorkom nesmaak en die opbou van vuilgoed
  • Beskerm die sonpanele se bedrading teen skade
  • Verleng die lewensduur van jou sonkraginstallasie
  • Die subtiele swart afwerking smelt naatloos saam met die meeste sonpaneelstelsels vir ’n netjiese, professionele voorkoms.

Eagle Eye het ook ’n Bird Skip-produk indien die voëls bo-op die panele sit.

Eagle Eye Bird Control hou voëls doeltreffend uit plaasgeboue, skure en stoorareas. Die maatskappy is in 2007 deur die entrepreneur John Kotze gestig wat ’n produk wou ontwikkel wat onskadelik is vir voëls, maar hulle steeds van gewasse of sonpanele afskrik.

Vir meer inligting oor Eagle Eye Bird se produkte of ander voëlbeheerprodukte, kan boere ’n e-pos stuur na sales@eagleeye.co.za of info@eagleeye.co.za, of hulle kan Eagle Eye Bird Control kontak by 087-237-9600 of 082-352-7655.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0