Categories: NuusPublished On: 17th December 2025

Bek-en-klouseer ‘ onhoudbare krisis’ vir boere

By 6 min read
1251 words

bek 1

‘n Trop beeste word padlangs aangejaag. Die onwettige verskuiwing van beeste kanselleer die inenting van duisende beeste uit omdat die siekte steeds versprei. (Bron: https://www.yahoo.com/news/south-africa-ramp-vaccinations-foot-095156799.html?fr=sycsrp_catchall)

Die voortdurende landwye uitbrekings van bek- en klouseer (BEK) het boere, landbou-waardekettings en die publiek toenemend in ‘n wurggreep.

Die uitbreking in die een na die ander provinsie teister het ontwikkel in een van die ergste gesondheid- en ekonomiese krisisse wat die veesektor die afgelope paar dekades beleef het, en die situasie is besig om onhoudbaar te raak.

Georganiseerde Landbou in Limpopo bestaande uit AFASA, Agri Limpopo, NAFU Limpopo en TLU Limpopo het die provinsiale minister van Landbou versoek om onmiddellik in te gryp nadat bevestigde  nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die provinsie voorgekom het.

Die jongste uitbrekings het in Limpopo voorgekom en boere veg desperaat om die drie-jaar lange status as BEK-vry te beskerm. ”Vir byna drei jaar het ons trots die BEK-vrye status beskerm deur ‘n gesamentlike poging van die veesektor en georganiseerde landbou,” se Deidre Carter, hoof uitvoerende beampte van Limpopo Agri. “Die jongste uitbreking hou ‘n ernstige bedreiging vir die gewonne status in.”

Twee bevestigde BEK-voorvalle is in die Waterbergdistrik, een in die Vhembedistrik en nog een in Alldays aangemeld.

“Hierdie uitbrekings plaas enorme druk of alle veeboere en landelike gemeenskappe. Limpopo kan nie nog ‘n BEK-uitbreking bekostig nie en onmiddellike voorsorgmaatreëls is noodsaaklik,” waarsku sy.

Tydens ‘n JOC-vergadering het georganiseerde landbou besluit om ‘n

Dringende versoek aan die provinsiale minister van landbou te rig dat die provinsie se grense versterk moet word, dat geen gespletehoefdiere die provinsale grense maag oorsteek sonder ‘n wettige sertifikaat van ‘n veearts nie en dat die minimumboetes van R7000 vir ‘n boerbok en R25000 vir ‘n bees op die plek uitgereik moet word.

Volgens Deidre kom die onwettige en onreëlmatige beweging van vee neer op ekonomiese sabotasie wat die voortbestaan, voedselsekerheid en die stabiliteit van Limpopo se landelike ekonomie bedreig.

“Ons is verenig en vasberade. Die regering moet nou optree om Limpopo se boere te beskerm en te verseker ons provinsie bly siektevry.”

Vroeër vandeesweek het TLU SA gesê boerdery binne gebiede waar kwarantyn geld tot stilstand gedwing omdat gee vee uit die gebiede verskuif mag word, hetsy vir veilings, bemarking of na nuwe weiding nie, voordat die gebied weer amptelik vry van BEK verklaar word nie – en niemand weet wanneer dit gaan gebeur nie. Luidens die verklaring is daar geen tydraamwerk, geen vaste proses, en geen kommunikasie vanaf die staat oor hoe lank boere moet wag of waarop hulle kan staatmaak nie.

Hierdie onsekerheid vernietig boere se finansiële beplanning. Baie wat reeds hul banklimiete bereik het, bevind hulself in ’n hoek waar kostes voortrol, maar inkomste tot stilstand kom.

“Boere begin nou in ’n skaakmat-situasie beland,” sê Bertus van der Westhuizen, Voorsitter van TLU SA Vrystaat. “Die banke soek terugbetalingsdatums vir oorskryding-aansoeke, maar dit kan eenvoudig nie gegee word nie. Niemand weet wanneer die staat die kwarantyn gaan ophef nie.”

Van der Westhuizen verduidelik dat die meeste uitbrekings in informele nedersettings ontstaan, naamlik gebiede onder die staat se direkte gesondheidsbeheer en nie onder boere se bestuur nie. Wanneer staatsveeartse die gevalle bevestig, word boere onmiddellik aan streng bewegingsbeperkings onderwerp.

Die resultate is verwoestend:

  • voerkoste skiet die hoogte in;
  • kalwers wat dringend bemark moes word, moet bly staan;
  • kuddes raak te groot vir plase se drakrag;
  • weidings word oorbenut en herstelstadiums verleng; en
  • die risiko vir verdere siekteverspreiding neem toe.

Hoewel die Wet op Dieresiekte voorsiening maak vir vergoeding wanneer die staat se optrede ’n boer direk benadeel, was daar tot dusver geen aanduiding dat die staat bereid is om sulke vergoeding toe te ken nie. TLU SA dring daarop aan dat vergoeding onmiddellik oorweeg moet word vir die duur van die kwarantyn.

Volgens die verklaring hou die feestyd nuwe uitdagings in.

Dit sluit in kalwers wat nie nou bemark kan word nie, moet in kampe bly en word en is ‘n maklike teiken vir veediefstal sindikate. Boere mag nie vee verskuif om dit te beskerm of te verkoop nie.

Bertus waarsku dat die ekonomiese inpak reeds voelbaar is: BEK raak nie net die boere nie, dit raak die hele landelike ekonomie, insluitend skole, kerke, motorhawens en sake-ondernemings. “As bakkies nie meer gediens word nie, verloor werkswinkels inkomste. As boere nie brandstof koop nie, ly vulstasies. Dit is ’n kettingreaksie wat tot werksverliese gaan lei.”

TLU SA stel voor dat boere in kwarantyngebiede hulle eie veeartse mag gebruik om kuddes te inspekteer en sertifikate vir gesonde vee wat nie pas aangekoop is nie uit te reik, mits biosekerheidmaatreëls in plek is. Hierdie sertifikate kan vee vergesel tot by julle eindbestemming, insluitend veilingshuise.

Dit sal ekonomiese verliese beperk, onnodige kudde-opbou voorkom, die staat se werklas verminder  en terselfdertyd nie biosekerheid inboet nie.

“Dit kan die verskil wees tussen oorleef en ondergaan. Maar dit vereis politieke wil. Minister van Landbou John Steenhuisen sal sy deur moet oopmaak vir gesprekvoering,” sê hy. “Boere gaan nie vir altyd net toekyk hoe hul lewenswerke verkrummel nie.”

Intussen kry minister Steenhuisen se plan om die nasionale kudde in te ent heelwat kritiek. Volgens die voorneme sal die hele nasionale beeskudde van tussen 13,5 en 14 miljoen ingeënt word – teen einde Februarie volgende jaar behoort sowat 2 miljoen entings gedoen te wees.

Kenners is toenemend skepties. Nick Serfontein meen die veesektor alleen hat vanjaar sowat R1,5 miljard in uitvoere verloor. Die grootste

Volgens landbouleier Nick Serfontein het die staat tot dusver swak kommunikeer en selde of nooit die sektor betrek by beplanning. Hy herinner daaraan dat die veesektor alleen in 2025 sowat R1,5 miljard in uitvoermarkte verloor het.

Die grootste struikelblokke is dat die huidige beleid nie massa-inentings toelaat nie en die land sal by BEK-vrye status moet aanpas om voortaan “BEK-vry met inenting”” status te kry. Regulasies moet herskryf word, wat volgens Serfontein nie betyds deur staatsdiens se prosedure betyds gedoen kan word nie. Boonop het die staat nie die produksiekapasiteit om genoeg entstof te vervaardig nie.

Dr Danie Odendaal van Veterinary Network bevestig dat ’n nuwe entstof wel ontwikkel is, maar die staat kan dit nie massaproduseer nie.

Dr Theo de Jager van Saai meen “Ons probleem het name, vanne en posisies in die departement. Die staat blokkeer sy eie taakspan se aanbevelings.” Theo is die enigste werklike oplossing dat die privaat sektor entstofvervaardiging oorneem.

Volgens  minister Steenhuisen sal die risikogebiede, naamlik KwaZulu-Natal, Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, wat die grootste  produksieverliese gely het, eerste ingeent word. Volgens dr Odendaal bestaan die plan, maar dit wag vir finale goedkeuring en moet nog met die sektor gedeel word.

Verder is ’n nuwe entstof-aanleg in vennootskap met OBP en die Landbounavorsingsraad (LNR) in wording  om die land minder afhanklik van ingevoerde entstowwe te maak.

Maar Steenhuisen erken self dat selfs goeie entstof geen waarde sal hê as onwettige veeverskuiwings steeds plaasvind nie. Die staat het die afgelope drie maande meer as 931 000 diere ingeënt  maar ongekontroleerde beweging ondermyn die proses.

Bronverwysings

Bek- en Klouseer skep ’n onhoudbare situasie vir boere (2025) TLU SA Mediaverklaring. https://www.tlu.co.za/bek-en-klouseer-skep-n-onhoudbare-situasie-vir-boere/?fbclid=IwY2xjawOnVTdleHRuA2FlbQIxMQBicmlkETFoNGdyMkVKOFNDc1ExU2ZRc3J0YwZhcHBfaWQQMjIyMDM5MTc4ODIwMDg5MgABHujGjtEbbBfb0S6ehv3td1m4HLyL6ygA_XyNW4FlRwGeykgMNIV_-9ST6aRu_aem_IihkRa1mejwzz7wanEjB_g

Carter, D. (2025) Organised agriculture calls for urgent action to protect Limpopo from Food and mouth disease threats. (2025) Press Release Agri Limpopo

Puchert, D. (2025) John Steenhuisen’s big vaccine plan in question Newsday. https://newsday.co.za/south-africa/13048/john-steenhuisens-big-vaccine-plan-in-question/?source=newsletter&ct=YTo1OntzOjY6InNvdXJjZSI7YToyOntpOjA7czo1OiJlbWFpbCI7aToxO2k6MTM2O31zOjU6ImVtYWlsIjtpOjEzNjtzOjQ6InN0YXQiO3M6MjI6IjY5M2E2YjE4OTFmNDgxOTg0NTc2ODAiO3M6NDoibGVhZCI7czo2OiIxNDE4NTIiO3M6NzoiY2hhbm5lbCI7YToxOntzOjU6ImVtYWlsIjtpOjEzNjt9fQ%3D%3D

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0