Bek-en-klouseer beperk tot een Gouda-plaas

theo saai
Bek-en-klouseer in die Wes-Kaap is klaarblyklik beperk tot ‘n enkele plaaseenheid by Gouda in die Wes-Kaap.
Volgens die gesamentlike operasionele sentrum onder leiding van Departement Landbou Veeartseny en ondersteun deur AWK, is daar tans steeds slegs die aanvanklike een plaaseenheid wat positief is vir Bek-en Klouseer getoets is.
Monitering en bewegingsbeheer gaan egter voort; behalwe vir entstof daar is steeds geen bykomende entstof beskikbaar nie.
Intussen het provinsiale verkeer ‘n vragmotor met skape gestop en die voorval is verder deur Veediefstaleenhede hanteer. Verder is daar die afgelope naweek geen verdagte bewegings opgemerk deur 22 SAPD-lede in 13 voertuie wat die gebied patrolleer het nie.
Die Departement van Landbou (Veeartseny) ht 60 skape op die besmette plaas getoets, maar die uitslae is hangende. Op 14 November is daar geen nuwe letsels waargeneem nie, en die vee toon tekens van verbetering .
Altesaam 28 plase is in die kwarantyngebied identifiseer en ondersoeke deur staatsveeartse duur voort. Die plaas in Velddrif wat onder kwarantyn was, se toetsresultate is negatief.
Kontrolepunte is op strategiese plekke opgerig en die publiek word deur middel van verskeie kanale oor die situasie ingelig.
Vervoerders word daaraan herinner om alle vereiste dokumentasie byderhand te hê, insluitend:
- Eienaarsverklaring;
- Ontvangerverklaring vir vee; en
- Sertifikate ingevolge Afdeling 6 & 8 van die Veediefstalwet
AWK doen opnuut ‘n beroep op produsente om hul eie biosekuriteitsmaatreëls te hersien en te versterk en alle protokolle streng toe te pas, asook alle beweging van diere in of uit die kwarantyngebied aan te meld via die departement se vraelys – https://tinyurl.com/AnimalMovementApp
Disinfeksie vind daagliks plaas en F10 word gebruik om voertuie en toerusting te ontsmet. Alle voertuie, klere en toerusting wat die gebied betree of verlaat, moet deeglik skoongemaak en ontsmet word.
Die naspeurbaarheidsplatform Animal Identification, Movement and Safety wat in die Wes-Kaap geloods is, is gratis beskikbaar vir veeboere om hulle diere te registreer ter wille van naspeurbaarheid. Laai die stelsel af by https://awkaims.co.za/
Dr Theo de Jager oor BKS: Staat is dit grootste probleem
Dr Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief (SAAI) het in ‘n onderhoud met Biznews se Alec Hogg gesê die regering se onvermoë het daartoe gelei dat bek-en-klouseer vandag in die Vrystaat, Oos-Kaap en selfs in die Wes-Kaap buite beheer is.
Volgens dr De Jager is die mees gevreesde veesiekte in die wêreld behoorlik Beheer deur streng sonering, buffersones en gebiede wat BKS-vry was. Bewegingsbeheer is streng toegepas deur boere, polisie en selfs die weermag, maar van daardie dissipline is niks oor nie. “Ons het net nie die kapasiteit om gebiede af te sper nie – daar is nie padblokkades of koördinasie tussen departemente nie, geen Beheer en geen kontrole nie – so die siekte sluip oor die land..
Olifante breek deur die Krugerwildtuin se heinings, buffels, draers van die siekte loop deur en kom in aanraking met beeste. En so versprei die siekte deur middel van landelike handelsroetes, by plaaslike veilings, informele verkope, en agterplaas slagtings. “As die beweging eers begin is, kan dit nie meer gekeer word nie.”
Volgens De Jager is die tol wat boere betaal omdat hulle nie hulle vee kan verkoop nie, enorm. “Hierdie boere het alles reg gedoen, maar nou is hulle vasgekeer. Die bank verstaan nie, die polisie nog minder. Ons het hier te doen met ‘n eksistensiële krisis vir die boere.”
Die uitbreek is nou erger as ooit tevore, want dit het tot in die hartland van veeproduksie versprei. “Nou is dit die voerkrale en op die stoetplase waar ons genetika ontwikkel word. Dit kan nie net oornag vervang word nie – boere het dekades lank daaraan gewerk om perfekte diere te teel.
Kleinboere en kommunale boere word ook diep geraak weens die gebrek aan heinings en die ‘n manier om die diere na te speur. “Die diere word nie gemerk of rekord van gehou nie – niemand weet wie wat besit nie – dit is hoe die siekte versprei.”
Voorkomende inenting het vroeër die siekte bekamp. “Die entstof wat die landbounavorsingsraad in Pretoria produseer het, wat van wêreld gehalte. Die staat het glo ‘n half miljard rand opsy gesit om die fasiliteit te herbefonds, maar daai geld is skoonveld. Nou moet ons entstof van Botswana af invoer.” En Suid-Afrika se boere betaal dubbel of selfs driedubbel as in Brasilië en Argentinië.- wie is die middelman wat geld maak uit die krisis?”
Botswana en Namibië het streng bewegingsmaatreëls en hulle voer onverstoord vee na die Europese Unie uit. “Ons kan nie eens ons grense met Zimbabwe en Mosambiek Beheer nie – dis hoekom ons in die gemors is. Daai lande het nie dieselfde veeartseny-infrastruktuur nie – die siekte loop oor die grense.”
Hy meen die ekonomiese nadraai strek ver buite die plaasgrense. “Suid-Afrika is ‘n netto-invoerder van beesvleis, so dit gaan nie oor uitvoere nie – dit gaan oor voedselsekerheid. As jy minder beeste het, styg die pryse. Dit gebeur al klaar – Saterdagaand se braai is baie duurder omdat daar nie vleis op die rakke is nie.”
Selfs die slagpale en voerkrale kry swaar omdat die mark al kleiner word omdat minder diere verkoop of verskuif kan word. Boere beleef ‘n kontantvloeikrisis, en abattoirs kan dit nie waag om besmette diere te koop nie – die hele waardeketting ly.”
Al hou besmette vee nie gevaar in vir mens nie, kan die logistieke nie werk nie – jy kan nie elkeen van 140 000 beeste in ‘n voerkraal isoleer en toets nie. As die vee ingeënt is, moet hulle eers gesond word en kan dan geslag word, maar die mark word ernstig beperk.
Hy meen die staat is dit grootste probleem. “BKS is ‘n staatsbeheerde siekte, maar die staat is nie in beheer nie. Private veeartse brand om in te gryp, maar die departement weier om hulle in te trek: politiek en burokrasie staan in die pad van gesonde verstand.”
Die oplossing is eenvoudig en vereis drie stappe: Eerstens: Naspeurbaarheid – as elke dier gemerk is, sal dit veediefstal aan bande lê en voorkom dat siektes versprei. Tweedens: Isolasie – geen diere mag vanaf besmette gebiede geskuif word nie. En derdens: Samewerking alle rolspelers, hetsy privaat of openbaar, moet saamwerk.”
Hy meen die regering se ondeursigtigheid laat boere vertroue verloor.
“Wanneer hulle ‘n uitbreking aanmeld, word hulle vertel dat die staat weet, maar niks dadelik daaraan gaan doen nie. En ses maande later is dit klaar te laat. As die staat nie die polisie of die weermag kan oproep om paaie te sluit nie, wie kan?”
Hy waarsku verbruikers dat die probleem nie tot landelike gebiede beperk is nie. “BKS beteken minder vleis en hoër pryse. Dit bedreig werksgeleenthede langs die hele waardeketting – vir elke werk op ‘n plaas, is daar sewentien ander wat daarvan afhanklik is.”
Sy boodskap aan die staat is eenvoudig, maar dringend. “Ons moet teruggaan na die basiese reëls: Identifiseer elke dier; Beheer beweging. Werk saam. As ons nie onmiddellik optree nie, sal die siekte – en dan sal almal daarvoor betaal en nie net die boere nie.”
Verwysingsbronne
Hogg, A. (2025) Director’s Cut: Dr Theo de Jager – How foot-and-mouth disease exposed South Africa’s broken state Biznews. https://www.biznews.com/interviews/directors-cut-dr-theo-de-jager
De Wet, R. (2025) MEDIAVERKLARING: “Update” oor Bek-en Klouseer in die Wes-Kaap Agri Wes-Kaap