Bees- en skaapvleispryse is positief

MINOLTA DIGITAL CAMERA
MINOLTA DIGITAL CAMERA
Plaaslik lei laer voerpryse en minder vee daartoe dat pryse styg. Die vooruitsigte vir beesvleis- en skaappryse is positief vir 2017 met hoër vleispryse, laer voerpryse en voordelige weidingstoestande. Die Paasfees-aanvraag kan ook ‘n positiewe uitwerking hê, volgens ABSA Agri Trends.
Beesvleispryse
Plaaslik
Beesvleispryse het week-op-week verstewig. Dit word toegeskryf aan laer voerpryse en die feit dat minder vee beskikbaar is. Die voorspelde ABSA-beesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 0,15% hoër teen R43,95⁄kg en Klas C- pryse is R43,95⁄kg hoër teen R37,16⁄kg. Huidpryse was 0,46% laer teen R14,07⁄kg vir ‘n groen vel, teenoor die R14,73⁄kg van die vorige week. Die onlangse verstewiging in die geldeenheid is een van die redes waarom daar druk op huidpryse is.
Bulmark faktore
- Daar word verwag dat ‘n moontlike toename in Suid-Afrikaanse uitvoerpryse mag ondersteun veral met die handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en China.
- Daar word ‘n verbeterde vraag verwag soos wat die Paasnaweek nader kom.
Beermark faktore
- Beesvleispryse bly hoog in vergelyking met varkvleispryse en hoendervleispryse. Dit mag lei tot ‘n groter vraag na die goedkoper produkte.
Internasionaal
Gedurende die week van 28 Maart 2017 het Nieu-Seeland se bulle meestal sywaarts verhandel teen 5,41NZ$⁄kg en koeie het sywaarts verhandel teen 4,26NZ$⁄kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Beesvleis het as volg meestal hoër verhandel in Amerika: Binneboud was 2,95% laer teen $244,70⁄cwt, kruiskyf het 2,75% hoër verhandel teen $405,93⁄cwt en lendeskyf het 5,77% hoër verhandel teen $779,54⁄cwt. Dikrib het 1,39% hoër verhandel teen $247,00⁄cwt en borsstuk het 3,78% hoër verhandel teen $209,50⁄cwt.
Bulmark faktore
- Daar was in die week effense stygings in ingevoerde Amerikaanse beesvleispryse wat versterk is deur die beperkte voorrade van Australië en Nieu-Seeland.
- Produksie in Nieu-Seeland bly laag, met slagsyfers wat week-op-week gedaal het.
- Optimisme oor die sterk ekonomie in Amerika ondersteun die vraag na bees,wat pryse ook ondersteun. ‘n Meer positiewe klimaat het ‘n positiwe uitwerking op die vraag na beesvleis.
- Die warm weer in Amerika beteken dat verbruikers vroeër begin braai en dit het ook ‘n positiewe uitwerking op vraag.
- Sterk uitvoere, ‘n duidelike daling in invoere en gunstige weerstoestande sal daartoe lei dat vee in Amerika sal verminder.
Beermark faktore
- Die vleisskandaal in Brazilië bedreig die Braziliaanse vraag na vleisprodukte. Dit is slegte nuus vir vleispryse in Brazilië, wat op sy beurt ‘n impak op die vraag na voer sal hê, ten minste totdat die situasie teruggekeer het na normaal.
- China het ‘n tydelike verbod op alle Braziliaanse vleis geplaas nadat die skandaal aan die lig gekom het, maar dit is reeds weer gelig. Nuus uit Australië dui daarop dat daar reeds ‘n styging in die vraag van China is.
- Daar is stygende druk op pryse weens die suksesvolle herbouing van die Amerikaanse kudde en laer voerpryse.
Skaapvleispryse
Plaaslik
Lam- en skaapvleispryse het tydens die week van 28 Maart ietwat verslap. Die voorspelde ABSA-pryse was as volg: Klas A was 0,18% laer teen R63,00⁄kg en Klas C was 0,48% laer teen R46,22⁄kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers het 5,1% hoër verhandel teen R31,71⁄kg. Die gemiddelde prys van dorperskaapvelle het 16,68% hoër verhandel teen R45,27⁄vel en merino het 3,89% hoër verhandel teen R94,45⁄vel.
Bulmark faktore
- Die herstel van weiding bevorder kuddebou.
Beermark faktore
- Verbruikersweerstand teen hoë lam- en skaapvleispryse mag ‘n prysrisiko inhou. Dit bly die duurste vleissoort in die mark.
- Die skaapbedryf geniet nie dieselfe uitvoergeleenthede as die beesvleisbedryf nie.
- Lam- en skaapvleispryse is hoër as beesvleis, varkvleis en hoendervleis en verbruikers mag dit eerder koop, wat druk op pryse mag plaas.
Internasionaal
Die Nieu-Seelandse lamspryse het in die week van 28 Maart 2017 meestal sywaarts beweeg vergeleke met die vorige week. Lam het dieselfde afgesluit NZ$79,9⁄kop vir ‘n 15kg lam. Lamspryse het dieselfde afgesluit teen NZ$111,8⁄kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$69,3⁄kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 2,10% laer teen R52,55⁄kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 2,01% laer was teen R36,32⁄kg.
Bulmark faktore
- In Nieu-Seeland is daar ‘n groeiende vertroue in lamspryse deur winter/lente weens die verwagting dat lae voorrade sal voortgaan om slagpryse op te stoot.
- Vraag behoort aanbod by verre te oorskry, wat pryse in Nieu-Seeland ondersteun.
- Beperkte skaapvoorrade in Australië is die hoofoorsaak van stewige pryse en hoë wol- en lampryse moedig produsente aan om ooie sover as moontlik terug te hou.
Beermark faktore
- Daar is kommer dat pryse te hoog gaan raak en in die komende maande tot afwaartse druk op pryse gaan lei. As pryse te veel styg, oorweeg die verbruiker alternatiewe proteïenbronne.
Bron: RPO nuusbrief