Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 24th June 2018

Bearing International is ernstig oor landbou

By 3 min read
497 words

bearing 1

Burtie Roberts, hoofuitvoerende beampte; Gerhard Pienaar, sektorbestuurder; Ross Trevelyan, sake-eenheidshoof, en Jannie Bredenkamp, streeksbestuurder in Bloemfontein, Kimberley en Welkom, kon met trots vir die boere vertel van hulle nuwe modulêre naafeenheid wat ’n boer se onderhoud op sy plantereenhede dramaties vergemaklik.

Agri-Smart is die boerderyvennoot wat nou na al jou laer-, seël-, rat-, ketting- en handgereedskapbehoeftes sal omsien. Dit is die nuwe handelsmerk vir landbou spesifieke onderdele,  waaronder Bearing International hulle boere van meganiese verbruiksgoedere gaan voorsien. Die Agri-Smart handelsmerk is tydens NAMPO bekendgestel en ’n gefokuste landbou-afdeling in ’n laermaatskappy beloof dat sake vir boere seepglad sal verloop.

Saam met die nuwe naam het Bearing International ook ’n vernuftige naafeenheid vir plantereenhede se snykouters, snyskywe, druk-, toemaak- en dieptebeheerwiele ontwerp wat uit baie minder onderdele bestaan, goedkoper is en baie makliker en vinniger is om te ruil. Die vernuftige laer word ook met sy eie modulêre assies voorsien wat inmekaar bout om verleng te word soos die aanwending dit vereis.

Gerhard Pienaar, produk- en landbousektorbestuurder van Bearing International, sê: “As gevolg van die moeilike omstandighede waarin daar in Suid-Afrika in die grond gewerk word, word laers onder baie spanning geplaas. Bewerkings soos plant en ploeg in die stof kan laers se lewe aansienlik verkort, wat baie ongerieflik vir ’n boer se geduld, tyd en sak is.

Die nuwe naaf hou stof op vyf vlakke uit. Drie seëls sit in die pad van die kleinste stofkorreltjie en dan is die naaf so aanmekaargesit dat dit stof op nog twee vlakke uithou. “Eerstens gebruik ons ’n geseëlde laer met ’n driedubbele seëlingsfaktor. Dan het ons ook ’n seëlkappie en kassetseël in die naaf gesit om ’n langer en beter lewe vir die laer te verseker,” sê Gerhard.

’n Konvensionele naafeenheid bestaan uit min of meer sestien onderdele. Dit is die twee tapse rollaers (tapered roller bearings), twee tapse-roldraerstelle, twee stelle kragies (sleaves) en twee stelle kragieringe, wat nie alle stof kan uithou nie.

Bearing International se hele naafeenheid bestaan uit slegs vyf onderdele in een en twee modulere assies per kant, links of regs. Vir ’n 12-ry planter hoef ’n boer nou net een linkernaafeenheid en een regternaafeenheid en twee aste vir elke kant in sy bakkie rond te ry. Daarmee kan hy enige van 76 laers vervang.

Die nuwe naafstelsel werk baie eenvoudig. Die naafeenheid met die geseëlde laer en primêre assie word aan die snykouter of drukwiel vasgebout. Dan word dit regstreeks aan die planter vasgebout of aan ’n aansluitstuk vir die onderskeie toepassings, hetsy die dieptebeheerwiele of toemaakwiele, en dan aan die planter vasgebout.

Hierdie naafeenheid is al vir twee jaar aan strawwe toetse onderwerp en loop nog steeds sonder enige probleme. Gerhard sê ook dat ’n boer geen waarborgprobleme sal ondervind nie, want al die onderdele wat vervang word is verbruiksitems.

Vir enige navrae oor hierdie nuttige nuutskepping kan Gerhard Pienaar by 083-291-1300 geskakel word. Hy is ook bereikbaar by gerhard@bearings.co.za.

Gerhard Pienaar van Bearing International wys hoe pas hulle nuutontwerpte naaf aan weerskante van ’n snywiel.

Bearing International het ’n eenvoudige, maar blink plan beraam om die laers aan weerskante van snykouters en toemaak- en drukwiele vir die helfte goedkoper te vervang.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0