Bande vir boere: Firestone het groot planne vir landbou

firestone 1
Die korrekte bestuur van die verhouding tussen banddruk en belading kan jou bande se leeftyd verleng, maar ook ekstra geld in jou sak meebring.
“Bande is deel van die totale meganisasie-oplossing.” So sê Willie Stander, die nuwe bestuurder van Bridgestone SA se landbou-afdeling. Die rol van bande in meganisasie word al hoe belangriker. Daarom sorg Willie dat die boere baie het om na uit te sien. Die regte band vir jou grondtoestande kan ՚n wesenlike verskil maak in die winsgewendheid van die boerdery en selfs die oes verbeter. Met die korrekte belading van ՚n band benut die boer die krag van sy trekker beter, bespaar diesel en beperk grondkompaktering.
Stephan van Staden, produkspesialis van Bridgestone SA se landbou-afdeling, sê die regte band met die regte druk maak ՚n verskil aan die boer se sak deur die doeltreffendheid van die trekker te verbeter. Firestone is die voorloper wat spog met ՚n volledige reeks trekkerbande wat alles van kruislaag- tot straallaagbandtipes insluit. Hulle het ook ՚n wye reeks landboubande wat strek van sleepwabande tot stroper- en hoogloopspuitbande. Die huidige stand van sake met die COVID-19-beperkings het hulle nie gekeer om steeds die beste diens aan boere te lewer nie. Omdat boerdery as ՚n noodsaaklike diens geklassifiseer is, kon Bridgestone SA, in samewerking met hulle handelaarsnetwerk, steeds hulle goeie diens en hoë gehalte produkte aan Suid-Afrikaanse boere lewer.
՚n Nuwe reeks bande waaroor Willie en Stephan baie opgewonde vertel, is die Firestone RowCrop-bande wat later vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Hierdie bande werk uitstekend vir hoogloopspuite. Die wydtes wissel om by die boer se rywydtes aan te pas. Die bande sal beskikbaar wees in IF- asook VF-variasies.

Stephan verduidelik dat IF beteken dat hierdie bande dieselfde vrag doeltreffend kan dra teen 25% laer druk, of dan 25% meer vrag kan hanteer teen die standaard banddruk. Die VF bande werk op dieselfde beginsel, maar laat ՚n wisseling van tot 40% in banddruk of vrag toe. Dit beteken dat die wisseling in vrag wanneer die spuit se tenk vol of leeg is nie die doeltreffendheid van die spuit beïnvloed nie. “՚n Laer banddruk help om kompaktering te bekamp,” verduidelik Stephan.
Firestone is toegewyd om meer betrokke te raak by die landboubedryf in Suid-Afrika. “Dit gaan oor soveel meer as om net bande aan boere te verkoop,” sê Willie. Daarom skroom die agente van Firestone en sy handelaarsnetwerk nie om plaasbesoeke af te lê, en vas te stel presies watter bande aan die boer se behoeftes sal voldoen nie. Daar is verskeie eienskappe van ՚n boerdery wat die keuse van bande beïnvloed. Die tipe grond en boerderymetodes speel onder meer ՚n groot rol in die boer se bandkeuse. Willie en Stephan besef dit al te goed en glo dus daarin om vir elke boer sy unieke bandoplossing te vind.

“Daar is byvoorbeeld drie verskillende soorte Firestone-bande wat aan landboutoerusting gebruik kan word na gelang van die grondtipes,” vertel Stephan: R1-, R1W- en R2-bande. Die verskil tussen die bande lê in die diepte van die kappe op die loopvlak. Die R1- en R1W tipes sal meer geskik wees vir ligter, sanderige grondtipes, terwyl die R2-bande ideaal aangepas is vir swaarder kleigrond.
Om ՚n doeltreffende bandoplossing te vind wat vir jou plaas se unieke omstandighede sal werk, besoek die webblad by https://www.firestone.co.za/products/agricultural-tyres. Kontak ook gerus vir Stephan van Staden by svstaden@bridgestone.co.za vir meer inligting.