BAKKIES: ’n Oorsig oor 2018 se bekendstellings
saamgestel deur Dirk Gallowitz van UltimateDrive
Die UltimateDrive Mediaspan ry jaarliks met omtrent elke nuwe model voertuig wat in Suid-Afrika bekendgestel word. Weliswaar word dieselfde model soms deur ’n paar van hulle toetsers onder hande geneem. Ek self beoordeel jaarliks tussen 80 en 90 voertuie en bring gemiddeld 1 700 km per week agter die stuur deur.
Johann van Tonder, ons Ultimate-Drive-motorkoerant se redakteur, woon en werk in George en ry elke week die nagenoeg 400 km Kaap toe en terug om sy toetsvoertuig te kom haal en weer terug te besorg – soms twee maal per week en gereeld met ’n motorfiets ook! Hy ry sommige maande tot 10 000 kilometer!
Tog doen ons dit omdat die pragtige rygoed ons passie is en omdat ons dit bloot geniet om daarmee te “speel”.
Toe ProAgri se redakteur, Annemarie, my vra om ’n samevattende artikel te skryf oor voertuie wat die afgelope jaar bekendgestel is of aandag geniet het en wat op die boer afgestem is, dus bakkies, maar ook 4X4’s vir plaaspaaie, was dit die ideale geleentheid om die span te betrek en hulle menings te kry oor die bakkies wat in 2018 ’n indruk by hulle gelaat het – so in ’n terugblik. Volgende maand gesels ons oor die sportnutse wat ons getoets het.
Van ons by UltimateDrive Media, mag elkeen van ProAgri se lesers ’n baie geseënde en vredevolle feesgety geniet. Veilige reis!
2018 Toyota Hilux 2.8 GD-6 Dakar- en Raider-modelle: Nuwe voorkoms vir selfs groter gewildheid
deur Dirk Gallowitz
Vir die bekendstelling vroeër vanjaar van die opgekikkerde Hilux-reeks en Dakar-modelle het Toyota sommer ook ’n paar verstellings en verfynings aangebring ten einde sy tradisionele kopers se smaak te pas. Die topmodelle in die reeks soos die 2.4 GD-6 SRX en 2.8 GD-6 Raider (enkel-, dubbel- en Xtra kajuit-weergawes vir elkeen) kry ook nou die “Dakar”-voorkoms met ’n groter en dieper sierrooster en buffer wat by die SRX-modelle in swart afgewerk is en by die Raider met ’n blink chroomomranding spog. Ook die nuwe hoofligte met LUD-dagryliggies geïntegreer, tref visueel. Binne, soos by die Dakar-modelle, is die kajuit meren-deels in swart afgewerk met ook die dakvoering in swart afgewerk en blinkswart afwerkings in die voorpaneel en deurpanele.
Die vlagskip Raider-model is as standaard toegerus met 18” allooiwiele en 265/60R18-bande, ’n lugverkoelde paneelkissie, outomatiese klimaatbeheer, leerafwerking op die stuurwiel en rathefboom, spoedkontrole en sewe lugsakke, insluitende gordyn-tipe kantsakke asook by die knieë. Daar is ook 12V- en 220V-sokke en ’n armleuning met bekerhouers vir die agterste sitplek.
Aandrywing by die opgedateerde “nuweling” is steeds deur Toyota se jongste 2,8 liter turboaangejaagde dieselenjin wat 130 kW lewer. Hierdie krag word deur ’n sesgang-handratkas (420 Nm) of sesgang-outokas (450 Nm) pad toe gestuur.
Die 4×4 Hilux se uitstekende veldryvermoë maak dit steeds ’n relatief “maklike” bakkie om moeiteloos van die pad af te ry. Veldry, sandry, moeilike terrein ingesluit, het die nuweling alles gedoen wat vereis is en elke uitdaging is sonder enige probleme suksesvol oorkom. Hierdie “gemaklike” veldryvermoë dra verseker ook by tot die Hilux se gewildheid en status as topverkoper in sy segment.
Die prys van ons opgekikkerde 2018 Toyota Hilux dubbelkajuit 2.8 GD-6 4×4 Raider sesspoed-handrat was tydens ons toets R601 500.
Mercedes-Benz X-Klas: Kispakdraende hardebaard
deur Dirk Gallowitz
Mercedes het die plaaslike bakkiemark betree met wat die driepuntster se bemarkingsmense “die wêreld se eerste luukse bakkie” noem, al is dit op die rug, of tereg dan platform, van die nuutste Navara-bakkie gedoen.
Volgens Mercedes het sy witjasse elke enkele aspek van die X-Klas onder hande geneem om hulle eerste bakkie te transformeer na ’n bakkie wat die Mercedes-kenteken en naam in alle opsigte waardig is.
Dit sluit onder meer in LUD-hoofligte, ’n wyer bakwerk asook die enjin, ratkas en aandryfstelsel wat verder verfyn en ingestel is om Mercedes se gehalte en verrigtingstandaarde te lewer. Verder is daar ’n tipiese Mercedes-kajuit wat met ontwerp, uitleg en gehalte dadelik die gevoel van ’n C-Klas skep.
Voor word die X-Klas se neus gedomineer met ’n groot driepuntster. Agter is die bakontwerp en wye wielboë treffend, terwyl die regop LUD-agterligte weggesink is in die bak. ’n Sleepstang is standaardtoerusting by al die modelle.
Die X-Klas se aste is met 50 mm verleng ten einde die wielspoor met 70 mm te verbreed, wat paddinamika en stabiliteit verbeter.
Mercedes het baie moeite gedoen om die kajuit van die X-klas goed toe te rus en luuks te beklee ten einde die aanspraak as die wêreld se eerste luukse dubbelkajuitbakkie gestand te doen. Gevolglik is die kajuit se ontwerp, uitleg en afwerking gedoen met ’n tipiese gehalte waaraan Mercedes-eienaars gewoond geraak het in die jongste Mercedes-sedanmodelle.
Twee enjinopsies is tans beskikbaar, albei die 2,3-liter dubbelturbo-hoëdrukdiesel, maar met verskillende kraglewe-ring en ook as 4×2 of 4×4 modelle met sesspoed-handrat of sewespoed-outomatiese ratkaste. ’n Sleepvermoë van 3 500 kg word aangegee.
Met ’n 221 mm grondvryhoogte en 600 mm waterdiepteryvermoë kan die X-Klas die meeste stroompies met gemak baasraak. In die veld help ’n 30,1° inklimhoek, 25,9° vertrekhoek en ’n maksimum skuinshellingvermoë van 49° dat meeste van die uitdagings gemaklik oorkom kan word.
Vir die meeste eienaars sal die X-Klas merendeels diens doen vir hoë hakkies, maskara en oor Sandton sypaadjies eerder as oor rowwe terrein of aan’t werk. Tawwe manne met kakieklere, harde hande en moddervoete sal egter ewe gemaklik met die X-Klas oor koppies en berge op uitdagende paaie kan ry… en boonop tevrede anderkant uitkom.
Die Mercedes-Benz X-Klas is as standaard beskikbaar met die vervaardiger se PremiumDrive-program wat ontwerp is om klante gemoedsrus te gee. Dit sluit onder meer ’n volledige diensplan van 100 000 km/6 jaar in en kan teen ’n nominale fooi verleng word na 180 000km/8 jaar.
Pryse begin met R642 103 vir die intreemodel X220d Progressive 4×2 handrat en eindig by R791 315 vir die huidige topmodel X250d Power 4Matic Outomaties. Die langverwagte V6 X350d met 190 kW word vandeesmaand plaaslik bekendgestel. Met ter perse gaan was pryse vir SA steeds onbekend.
Mitsubishi Triton Athlete
deur Charlen Raymond
Die Mitsubishi Triton is een van Suid-Afrika se hartseer bakkiestories omdat hierdie uitstekende bakkie net nie enige noemenswaardige verkoopsukses in ons land kry nie. Net soos Toyota met sy Dakar-modelle, het Mitsubishi besluit om die Triton in ’n spesiale Athlete-model te verskaf. Die 133 kW/430 Nm 2,4-liter dieselenjin word net so van die res van die reeks oorgedra, maar met ’n vyf-spoed outomatiese ratkas.
Oral om die bakkie kan ’n mens sommer sien dat dit ’n anderste bakkie is en binne word die atleettema voortgesit met ’n swart en oranje kleurskema. Daar is selfs spane agter die stuurwiel waarmee mens ratte kan verwissel!
Die “Athlete” bied ongetwyfeld een van die gemaklikste ry-ervarings teenoor sy mededingers en gly oor spoedwalle eerder as om heen en weer te hop. Dit is net hartseer dat hy misgekyk word. Die Mitsibushi Triton Athlete verkoop vir R579 995.
2019 ISUZU D-MAX: Trusted bakkie changes its name, but not its stripes
by Dirk Gallowitz
Isuzu KB has been a trusted name in the bakkie market in South Africa stretching over 40 years and six generations, boasting a proud heritage that was built on reliability, capability, durability and trust. The popular Isuzu bakkie range comes with a name change from KB to D-MAX, re-aligning it with global markets.
The D-MAX name originated in Thailand, with the ‘D’ originally referring to the 2000 model Isuzu bakkie which boasted the flush “Dragon Eyes” headlamp design.
Outside a new grille and headlight design immediately catches the eye with the new projector-type Bi-LED headlamps and LED daytime running lights introduced on the extended and double cab models; there are restyled foglamp bezels framed by chromed vertical accents on the LX models.
Inside a new generation infotainment system, incorporating an eight-inch full colour touch screen replaces the 6,5-inch version used in the previous model. The fully featured system incorporates the display for the rear-view camera, and facilitates Bluetooth hands-free cellphone use and audio streaming.
On-road the standard Electronic Stability Control (ESC) with Traction Control has also been bolstered with the addition of Trailer Sway Control (TSC) that detects and minimises the effect of a trailer or caravan beginning to sway from side to 6side. The 3,0-litre 4X4 LX derivative is capable of hauling 3,5 tonnes.
Prices start at R256 100 for the entry level work horse 250C Single Cab base to R606 400 for the top model D-MAX 300 4X4 Double Cab LX 6-spd automatic.
Nissan Navara SE 4×2
deur Charlen Raymond
Toe Nissan sy nuwe Navara bekendgestel het, was die grootste besprekingspunt die bakkie se nuwe vyfskakelveerstelsel vir die agterwiele; dit nou om rygerief soortgelyk aan dié van ’n fênsie SUV te bied.
En nou, in sy tweede jaar op die mark, het Nissan ’n intreevlak SE 4×2-model bekendgestel. Steeds word die 2,3-liter dieselenjin wat 140 kW en 450 Nm lewer ingespan, maar krag word nou slegs na die agterwiele via ’n sesspoed-handratkas gestuur. Die enjin voel lewendig en gee jy vet, hardloop die bakkie steeds vir ’n vale. Tog is die ritgehalte net nie so sag soos mens verwag het dit sou wees nie.
Van agter die stuur is alles steeds lekker binne bereik en bied selfs die mediastelsel satellietnavigasie. Die Navara verkoop in baie beperkte getalle, maar dit is steeds ’n bakkie waarmee ’n mens moet rekening hou. Die Nissan Navara SE 4×2 verkoop vir R484 900.