Baal mooi hooi met Massey Ferguson se pasmaaktoerusting

default
default
Massey Ferguson se trekker-en-werktuig-pasmaats het oor die jare diep spore getrap in boerderye regoor SuidAfrika. By die onlangse balerwedstyd by Parys en die Balfour Hooidag is weer bewys dat Massey Ferguson die boer eerste stel deur te dink aan sy gerief, sy werksverrigting en sy beursie. Veeboere kan ook die voordeel geniet van doeltreffende tegnologie wat styl en gemak balanseer – binne ՚n bekostigbare prysklas!
“Vir Massey Ferguson gaan dit oor die oorspronklike trekker,” sê Ryan Clark, AGCO se laeperdekragprodukbestuurder vir Afrika. “MF was die ontwerper van die moderne trekker. Vanaf die driepunthyser-ontwerp tot vierwielaandrywing en selfaangedrewe stropers, die handelsnaam bly op die voorpunt van tegnologie. Ons streef altyd daarna om tegnologieleiers te wees deur aan te hou ontwikkel en groei.
“Ons kyk hoe ons boere se lewe vir hulle makliker kan maak, sodat hulle ook op die ou end meer geld in hulle sakke kan steek.”
Dit is juis die grondslag van die MF Global-reeks trekkers. Die reeks bestaan uit verskeie veelsydige trekkers van verskillende groottes wat by uitstek geskik is vir laai-, sleep- en baalwerk.
Tydens die balerwedstryd het die MF 4708-kajuittrekker gewys presies waarom hierdie laeperdekragtrekker onontbeerlik is. Dit vorm ՚n uitstekende span saam met die baaltoedraaier.
Goeie spanwerk met MF se baaltoedraaier
“Nie net is Massey Ferguson die oudste trekkervervaardiger ter wêreld nie, ons bied ook nou ՚n volledige reeks hooitoerusting aan wat elke boerdery kan pas,” verduidelik Nardu Schutte, AGCO se produkbestuurder vir hooitoerusting. “Dit bestaan uit snyers, harke, deurlugters en ՚n versameling balers.”

Die balers sluit in kleinblokbalers, groot rondebalers (vastekamer- en veranderlikekamerbalers) en grootpakblokbalers.
“Die baaltoedraaiers sluit mooi aan by die rondebalers, veral as jy kuilvoer wil maak,” sê Nardu.
Daar is twee baaltoedraaiers beskikbaar: TW 130 en TW 160.
Die TW 130 is die intreevlak, semi-outomatiese model met hidrouliese beheer wat maklik vanuit die kajuit bestuur word. Die model hanteer bale van 0,9 m tot 1,3 m deursnit wat tot 1 000 kg weeg.
Die TW 160 is vol outomaties. “Dit verskaf heeldag se moeitelose baaltoedraaiplesier,” sê Nardu. Die model kan bale van 0,9 m tot 1,6 m deursnee hanteer met ՚n maksimum gewig van 1 250 kg.

Waarde vir geld met die MF 1840- blokbaler
Die Massey Ferguson 1840-kleinblokbaler is volgens Nardu hulle trots. Die gesogte baler het aandag getrek regoor Afrika met sy unieke sentrale inlynontwerp.
Die baler loop reg agter die trekker vir beter balans en minder grondvastrap, en die hooi word gladweg deurgetrek van die opteller voor tot die blok wat agter neergelaat word.

“Die hidrouliese baalkamer is ook een van die MF 1840 se kenmerke wat uitstaan omdat dit jou ՚n baie groot kapasiteit gee en dit gerieflik is om mee te werk,” sê Nardu.
Boonop bied hierdie model die breedste optelvermoë vir kleinblokkiebalers op die mark, naamlik 1,9 m. Die laeprofielopteller met stelwiele volg grondglooiings vir skoon optelwerk.
Spesiale aanbod op MF Global-trekkerreeks!
Massey Ferguson bied van begin Februarie af ՚n spesiale aanbod op die hele Global-trekkerreeks. Boere ontvang ՚n prima minus 5% afslag op op al die trekkers in die reeks.
“Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe afslag-aanbieding,” vertel Ryan. “Dit is net nog ՚n manier waarop ons boere help om meer winsgewend te boer en uiteindelik daardie Massey Ferguson waaroor hulle al jare droom aan te skaf.”
MF het ՚n uitgebreide netwerk van meer as 40 handelaars regoor SuidAfrika, wat gereed staan om boere te help om die regte trekker en werktuig vir elke taak te vind en met al die naverkopediens en onderdele wat nodig mag wees.

Vir meer inligting, besoek www.masseyferguson.co.za om vandag nog ՚n kwotasie vir jou trekker te kry!