Agri’s got Talent 2018: GOUE STEM GESOEK

A4 Advert Agri’s got talent 2018 – entries close-01
Het jy ‘n ‘goue’ stem en droom jy daarvan om ‘n ster te word? Werk jy in ‘n pakhuis, vrugteboord of kelder? Nou is jou kans, want Agri’s got Talent is die geleentheid waarop jy gewag het.
Hierdie opwindende sangkompetisie wat deur die sagtevrugte-, wyn- en tafeldruif-bedrywe aangebied word, is nou oop vir inskrywings. Dit is vanjaar die vyfde keer dat hierdie gewilde kompetisie die plaaswerf laat dreun. Sangitems kan in enige genre gelewer word – of jy nou hou van pop, country, rock of klassieke musiek – Agri’s got Talent wil van jou hoor. Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om jou talent ten toon te stel, groot pryse te wen, en jou merk in jou gemeenskap te maak. Finaliste ontvang ‘n week van intensiewe sang-en verhoogopleiding, asook lewensvaardigheidsontwikkeling.
Sien wat ons vorige wenners alles sê:
“Ek het amper gehuil toe ek hoor dat ek die Top Tien gehaal het. Dit was reguit van God af. Hierdie kompetisie het my lewe verander.” – Mbulelo Sikade van Diemersfontein Landgoed, Wellington, en die 2017-wenner.
“Ek maak ‘n studie van musiek net waar ek gaan. Op die internet, televisie, soos elke geleentheid homself voordoen. As ek heeldag oor musiek kan praat, dan sal ek gelukkig wees.” – Neville Fortuin van Little Oaks Trust, Villiersdorp en die 2016-kroondraer.
“Sang was nog altyd deel van my, maar om hierdie kompetisie te wen was ‘n droom wat waar geword het! Ek moet myself nog knyp.” – Armando Baartman van Saratoga Vrugte-landgoed, Robertson, en die 2015-wenner.
“Alles het verander. Van niks tot iemand. Ek het vir my myself gesê hierdie is ‘n geleentheid wat net een keer kom en ek moet dit laat werk.” – Ayabonga Mhobo, seisoenale werker van Piketberg/Wellington en die eerste Agri’s got Talent wenner in 2014.
Om in te skryf:
WhatsApp ‘n klankgreep van nie langer as 3 minute na 082-372-1557 of e-pos dit na: agritalent@gmail.com
Sluit in:
- Naam en Van
- Geboortedatum
- Persoonlike selfoonnommer
- Naam van plaas/pakhuis waar u werk
- Naaste dorp aan plaas/pakhuis
Inskrywings sluit 15 Mei 2018!
Vir die nuutste nuus besoek: www.facebook.com/agrisgottalent of www.agrisgottalent.com.
Kontak asseblief vir Thea van Zyl by thea@hortgro.co.za of 021-870-2900 vir meer inligting.
Agri’s Talent is ‘n sosiale opheffingsprojek geborg deur HORTGRO, die VinPro Stigting en die Wes-Kaap se Departement van Landbou. SATI borg die nasorgprogram.
Bron: HORTGRO