Agrico vereer Hans Dieter Andrag

HD Andrag Agrico Spilpunt 2
Agrico eer die nagedagtenis van Hans Dieter Andrag wat op 3 Februarie 2021 onverwags oorlede is.
Hierdie pragtige foto van ‘n Agrico spilpunt is geneem op die Petrusburg pad, naby Bloemfontein, van waar hy lank werksaam was. Hans was vir 43 jaar in diens van Agrico en het ‘n sleutelrol gespeel in die opbou en sukses van die besigheid. As mede-besturende direkteur was hy ondermeer verantwoordelik vir die finansies en administrasie, asook die handelstakke van Agrico. ‘n Privaat gedenkdiens word om 11:00 op Vrydag 12 Februarie vir hom gehou.
Dit kan m.b.v. die volgende skakel gevolg word: https://www.youtube.com/channel/UCXCqDcx3lY9XwK_Ema7Dc6w