Agbiz reageer op minister Pravin Gordhan se begrotingsrede

finansies
Volgens dr John Purchase, besturende direkteur van Agbiz, het die begrotingsrede self ‘n redelik positiewe en optimistiese uitkyk wat ekonomiese groei van 1,3% in 2017 wat 0,5% meer is as in 2016 projekteer. Asook ‘n dalende gekonsolideerde begrotingstekort van 3,1% van die bruto binnelandse produk (BBP) in 2017/18, vergeleke met 3,4% in 2016/17.
“Maar, rente op bruto skuld sal steeds neerkom op ‘n beduidende R169-miljard,” sê dr Purchase.
Besteding aan die landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming sal toeneem met 2% van net minder as R26-miljard in 2016/17 tot R26,5-miljard in 2017/18, en sal teen 2019/20 by R30-miljard trek.
Van hierdie bedrag sal die begroting wat toegeken word vir grondherverdeling met 3% afneem van R1,23-miljard in 2016/17 na R1,19-miljard in 2017/18. Intussen het die toekenning vir restitusie met 2,5% verhoog van R3,17-miljard in 2016/17 na R3,25-miljard in 2017/18.
Maar die begrotingsrede het ruimte vir verbeterde transformasie deur ondersteuning aan boere en ontwikkeling, met die begrotingstoekenning wat verhoog met 10% tot 3,79-miljard, van R3,43-miljard in die vorige boekjaar. Belangrik om daarop te let dat die doeltreffendheid van hierdie reusetoename grootliks daarvan afhang van hoe doeltreffend die departemente benut sal word.
“Begrotings vir landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming sal toeneem deur ‘n gemiddelde jaarlikse koers van 4,7% in 2019/20,” sê dr Purchase.
Sondebelasting soos alkohol en tabak gaan ook op.
“Alles in ag genome, het minister Gordhan en sy span ‘n voorbeeldige gebalanseerde werk gedoen onder uiters moeilike ekonomiese en politieke druk. Onder die omstandighede het hy ons geïnspireer,” sê dr Purchase.
Bron: Agbiz