Categories: IrrigationPublished On: 30th December 2015

Afriq Water het ‘n besproeiingsoplossing vir jóú

By 3 min read
507 words

Afrq

Staan jy ook voor die uitdaging van ‘n vrugbare stuk grond met ‘n fatsoen wat geen spilpunt of konvensionele besproeiingstelsel kan baasraak nie? Of is die helling so steil dat die boerbokke daar met kieries moet loop? Of het jy spilpuntuitvalstukke wat onbenut bly al het jy genoeg water en ‘n pomp van die spilpunt beskikbaar om die gebied te besproei?

Vir moeilike terrein of sommer vir ‘n slim, kostedoeltreffende oplossing vir alledaagse besproeiingsbehoeftes, is Afriq Water se Goukoppelstelsel net wat jy nodig het. Die stelsel kan so maklik ontwerp en opgestel word as wat ‘n kind met boublokkies speel. Dit het die vermoë om vele probleme op te los, want dit kan in verskillende konfigurasies met sytakke van verskillende lengtes en in verskillende rigtings opgestel word, of as ‘n hooflyn om water van die bron tot by die land te lei, of as toevoer vir ‘n sleeppypstelsel.

Wynand Ueckermann van Afriq Water wys hoe maklik die pype en passtukke inmekaar klik.

Wynand Ueckermann van Afriq Water wys hoe maklik die pype en passtukke inmekaar klik.

As jy bestaande ou staal- of aluminiumgoukoppelpype oor het na al die diefstal en skade, kan jy hierdie stelsel maklik uitbrei met ‘n aansluitpasstuk.

Afriq Water se passtukke is van helder oranje polipropileen gemaak, wat UVweerstand bevorder. Die kleur maak dit ook makliker om die passtukke tussen plantegroei te sien en om trapskade deur trekkers en ander voertuie te verhoed.

‘n Reeks HDPE-pyp (hoëdigtheidpolietileen) van 50 tot 160 mm met die slim Goukoppelstelsel word maklik deur net een mens gekoppel of ontkoppel. Verby is die dae toe ‘n klomp plantvertrappende werkers nodig was om ‘n besproeiingslyn van 50 meter of langer te verskuif. Standaardlengtes is 5 en 6 meter, sodat een mens alleen ‘n volledige stelsel kan aftakel, verskuif en weer aanmekaarsit. Enige lengte is op aanvraag beskikbaar.

Pype van 50, 63 en 75 mm kan ‘n waterdruk van 5 bar hanteer en pype van 90, 110, 125, 140 en 160 mm ‘n druk van 6 bar. Die koppelstukke is opgewasse vir 10 bar en is UV-behandel om selfs die strafste blootstelling aan die son te weerstaan. As ‘n pyp per ongeluk deur ‘n werktuig gesny of beskadig word, is dit baie maklik om reg te maak: Sny die stukkende deel uit en bring ‘n druklas aan. Daar is geen gate, sokke of saals aan die pype wat die stelsel kan verswak nie. Al die pype is volledig verseëlde eenhede en al die passtukke knip aan die pype vas sodat die pype steeds soos nodig kan draai op plekke soos steil hellings. Die pype is besonder lig en maklik om te hanteer.

Jy kan die stelsel saamstel of uitbrei om jou besproeiingsbehoeftes presies te pas.

Jy kan die stelsel saamstel of uitbrei om jou besproeiingsbehoeftes presies te pas.

Die sproeiers is almal van van polipropileen plastiek gemaak, sodat jy kunsmis of plaagbestrydingsmiddels deur jou besproeiingstelsel kan toedien met ‘n venturibuis of ‘n afsonderlike tenk. Die sproeiers se standaard radius is 24 of 30 meter en die toevoer na elke sproeier kan maklik afgesluit word deur ‘n balkraan aan die PVC-stygleiding. Die stygleidings is 25 mm dik, wat ‘n vrye vloei van water sonder wrywingsverlies verseker.

Kontak Wynand Ueckermann by +27-82-454-7880 of support@afriqwater.co.za vir meer inligting besoek www.afriqwater.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0