Categories: NuusPublished On: 7th March 2025

Africa Agri Tech AgriBesigheid Dag: Verhoog wins en verseker jou toekoms

By 3 min read
690 words

AAT

Sukses in die landbou behels meer as net die verbouing van gewasse en die aanteel van vee. In die moderne wêreld moet boere ook strategiese denkers en markontleders wees, én tegnologie doeltreffend aanwend. Die Africa Agri Tech (AAT) Konferensie en Ekspo, wat van 18-20 Maart 2025 by die WNNR-konfensiesentrum in Pretoria plaasvind, bied aan boere die kennis wat hulle nodig het om in hierdie uitdagende landskap te floreer.

Op Dag 3 fokus AAT op AgriBesigheid. “Hierdie sessies bied meer as net teorieë – dit bied praktiese strategieë vir boere om winsgewendheid te verhoog, toegang tot beleggers te verkry en tegnologie aan te wend op maniere wat sin maak vir hul bedrywighede,” sê Anlie Hattingh, woordvoerder van AAT.

In ‘n onvoorspelbare ekonomiese en politieke landskap moet boere risiko’s kan antisipeer en dan aanpas. Prof. Nick Binedell, Stigter van die GIBS Sakeskool, sal hierdie uitdaging aanpak in sy sessie, SA in Fokus: Voorspel die Onvoorspelbare. As ‘n toonaangewende strateeg sal hy verduidelik hoe boere die wêreldneigings, plaaslike beleide en markverskuiwings kan navigeer wat boerderybesighede aansienlik beïnvloed.

“In vandag se vinnig veranderende wêreld het boere te doen met veelvuldige kompleksiteite wat boerderybedrywighede op ‘n deurlopende basis beïnvloed. Hul vermoë om veerkragtig en buigsaam te wees is ‘n faktor vir sukses. Om markskommelings, handelsdinamika en ekonomiese verskuiwings te verstaan, kan boere help om ingeligte besluite te neem wat hul lewensbestaan ​​beskerm,” sê Binedell.

Een van die opwindendste besprekings van die dag sal tydens John Sanei, ‘n bekende toekomsstrateeg wat in Dubai gebaseer is, se sessie plaasvind. In Die Mens-KI Simfonie, sal Sanei die impak van kunsmatige intelligensie op die landbou bespreek. ““Baie boere worstel met die balans tussen KI en menslike besluitneming. Die een kan nie die ander vervang nie, en KI is nie hier om boerderye oor te neem nie. Maar dit kan bestaande stelsels doeltreffender maak en voedselproduksie en winsgewendheid werklik bevorder op maniere wat nog nooit voorheen moontlik was nie.”

Dieselfde befondsingsmodelle wat Google en Uber op die been gebring het, sal nie die wêreld voed of red nie. Die Verenigde State se Mark Brooks, Waagkapitaal Vennoot by LongLeaf Studios, en Resident-Entrepreneur by die North Carolina Biotegnologie Sentrum, sal hierdie kwessie aanspreek in sy sessie, 2040 en Verder: Die Toekoms van Bio-Intelligensie. “Die vraag is nie of die landbou gaan ontwikkel nie, maar of beleggers sal ontwikkel om dit te finansier, of die geleenthede van ons tyd sal laat verbygaan. Ons benodig kapitaalmodelle wat ooreenstem met die profiel van AgriTech-innovasie – die sleutel tot ‘n voedselveilige toekoms, sê Brooks.

Met jare se ondervinding in landboubelegging, sal Brooks oplossings bespreek wat toekomstige generasies in die landbou sal finansier.

‘n Hoogtepunt van Dag 3 is die paneelbespreking, Handel Slimmer Vir Ekonomiese Groei, wat ondersoek hoe Suid-Afrika homself as ‘n sterk handelsvennoot kan posisioneer ten spyte van toenemende globale proteksionisme. Kenners op die paneel sal strategieë bespreek om markte te diversifiseer, die beste van handelsooreenkomste te maak, en om mededingendheid in internasionale markte te verseker.

“Dít is veral relevant vir boere wat produkte uitvoer of dit oorweeg om buite Suid-Afrikaanse grense uit te brei. As ons wil hê dat Suid-Afrikaanse landbou moet floreer, moet ons verder as ons eie land dink,” sê Hattingh. “Dit gaan hier oor die regte vennootskappe, die versterking van handelsverhoudinge en om ons produkte aantrekliker vir globale kopers te maak.”

Vir boere met dringende vrae, sal die Vra die Kundige sessie, gemodereer deur Binedell, ‘n seldsame geleentheid bied om direk met van die voorste kenners in landbou, besigheid en tegnologie te skakel. Hierdie interaktiewe sessie verseker dat deelnemers wegstap met raad vir hul spesifieke uitdagings, wat die kennis wat tydens die konferensie opgedoen is onmiddellik bruikbaar maak.

Hoekom moet boere dit bywoon?

“Of jy nou ’n kleinboer is of ’n groot kommersiële besigheid bestuur, sal Dag 3 van AAT jou praktiese kennis gee oor befondsing, markuitbreiding en die rol wat kunsmatige intelligensie kan speel om bedrywighede te optimaliseer.

“AAT bied insigte van internasionaal bekroonde kundiges, bedryfsleiers en werklike oplossings. Dis ‘n gulde geleentheid vir enige boer wat sy toekoms in dié bedryf wil verseker,” sê Hattingh.

Bespreek nou jou sitplek: www.africaagritech.co.za

AAT2025_Day3_AgBusiness

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0