2026 RENAULT DUSTER: Mooier, beter en meer bekostigbaar

1789359556440_1789359552611_New Renault Duster (Lifestyle)
Renault SA het onlangs sy opgedateerde Duster in Suid-Afrika bekendgestel en ons was aangenaam verras tydens die plaaslike bekendstelling in die mooiste Kaap.
Die 2026 Duster word gebou in Renault se fabriek in Chennai, Indië wat beteken dat die Roemeense Duster uit en met Europese spesifikasies amptelik iets van die verlede is. Hierdie fabriek in Chennai word ookgebruik om Nissan se Tekton te bou wat op die Renault-Nissan alliansie se CMF-B-platform gemonteer word en gebruik ook dieselfde aandryfstelsels, elektronika, ensovoorts.
Plaaslik sal die Duster modelreeks beskikbaar wees in vyf variante met ‘n keuse van twee enjins en twee ratkaste. Ongelukkig het die einde ook aangebreek en sal daar geen dieselenjin of 4-trek weergawes weer wees nie.
Die huidige model met ligte hibriede en 4-trek aaandrywing sal vir die afsienbare tyd egter steeds in die plaaslike mark te koop wees.
Aandrywing in die 2026 Duster reeks bied ‘n keuse van twee enjins met die intreemodelle wat gebruik maak van ‘n 1.0-liter turbo-aangejaagde petrolenjin wat 74 kW en 160 Nm lewer. Dit is beskikbaar met ‘n 6-gang handratkas.
Die tweede opsie is ‘n 1.3-liter turbopetrolenjin wat 116 kW en 260 Nm se piekkragte lewer en gekoppel word aan ‘n opsie van of ‘n 6-gang handratkas of ‘n 6-gang dubbelkoppelaar-ratkas, wat Renault as EDC beskryf. Alle modelle stuur die krag na die voorwiele.
Renault SA bied die 2026 Duster in ‘n keuse van vyf bakkleure, naamlik River Blue, Moonlight Silver, Pearl White, Sunset Red en ons persoonlike gunstelingkleur bekend as Mountain Jade Green.
Kliente kan kies uit vier afwerkingsvlakke met die goedkoopste Evolution as intreevlak. Daarna is daar twee Techno weergawes met die Techno + ‘n nuwe en beter spesifikasie afwerking. Die luukste en topmodel is die Icon en dit was ook die model wat ons tydens die plaaslike bekendstelling bestuur het.
Renault het subtiele veranderinge buite aan die stilering gedoen vir ‘n meer sportiewe en avontuurgerigte voorkoms gedoen en afhangend van die spesifikasievlak kom nou met kenmerkende wat ondermeer prominente DUSTER”-letters op die voorste rooster, treffende her-ontwerpte LED-koplige, ‘n volwydte LED-ligbalk agter en mooier sierwiele.
Binne is die kajuit nou effe groter en aansienlik vernuwe en herontwerp met ‘n opgedateerde paneelborduitleg asook ‘n nuutontwerpte dubbelskerm-inligtingvermaakstelsel.
Renault het ook die 2026 Duster uitstekend toegerus met die Franse maatskappy se OpenR Link-inligtingstelsel wat draadlose Android Auto/Apple CarPlay as standaard toerusting bied. Verder is veiligheid nie nagelaat nie en die 2026 is toegerus ondermeer met ses lugsakke, stabiliteitsbeheer, heuwelwegtrekhulp, banddruksensors en ‘n truspieëlkamera.
Renault spesifiseer twee groottes vir die bagasieruimte, naamlik 518liter tot by die pakkierak 1 789 liter met die agtersitplekke neergevou.

Die modelle met hoër spesifikasievlakke word toegerus met ‘n groot digitale bestuurderskerm, koordlose slimfoonlaaier, ‘n verbeterde klankstelsel, geventileerde voorsitplekke, panoramiese sondak, dubbelsone-klimaatbeheer asook ‘n elektriese agterklep. Verder is daar ook verskeie ADAS-funksies standaard waaronder aanpasbare spoedbeheer, blindekolwaarskuwing, verkeerstekenherkenning, baanhou-bystand, aktiewe noodrem en ‘n 360-grade kamerastelsel.
Hoewel daar dalk nie ‘n 4×4-weergawe is nie, het die Duster ‘n grondvryhoogte van 212 mm (vergeleke met 209 mm op vorige modelle), ‘n naderingshoek van 26,9 grade en ‘n vertrekhoek van 34,7 grade.
Tydens die bekendstellingsrit het ons beide teer en grondpaaie aangedurf en was beïndruk met die lae wind-, pad-, band- en enjingeraas wat selfs teen ooppadspoed die kajuit binnedring. Verder was die ritgehalte indrukwekkend op grond en teer en het greep, balans en min bakrol wanneer ons deur hoëspoed draaie en swiepe getoets het, ‘n groot verbetering teenoor die uitgaande model.

Sitplek gerief asook kop-, skouer- en beenspasie vir 5 insittendes was bogemiddeld.
Algeheel het die 2026 Renault Duster ons hart gewen.
Pryse sluit ‘n 5-jaar/150 000 km-waarborg in asook ‘n 3-jaar/45 000 km-diensplan en met diensintervalle wat elke 15 000 km of 12 maande moet plaasvind.
| Modelle | Nuwe prys | Ou prys |
| Evolution 1.0T Handleiding | R339 999 | Nuut |
| Evolution 1.3T Handleiding | R379 999 | Nuut |
| Techno 1.3T EDC | R399 999 | 1.3T Zen: R489 999 |
| Techno+ 1.3T EDC | R439 999 | Nuut |
| Ikoniese 1.3T EDC | R499 999 | 1.3T IntenseL R519 999 |
Watter waarborg- en diensplandekking is van toepassing op die Renault Duster in Suid-Afrika?
Soos met Renault se standaard plaaslike passasiersreeks, word die Duster gerugsteun deur ‘n 5-jaar / 150 000 km meganiese vervaardigerwaarborg, tesame met ‘n 3-jaar / 45 000 km diensplan.