Categories: RecipesPublished On: 27th January 2016

WITSJOKOLADENAGEREG MET VARS BESSIES

By 1 min read
218 words

L&G4_lae-koolhidrate web

Aantal porsies: 8 x 100 g

Aanbevole porsiegrootte: 100 g

BESTANDDELE

  • 15 ml gelatien
  • 30 ml water
  • 60 g witsjokolade
  • 500 ml laevetvanieljejogurt
  • 15 ml vars suurlemoensap
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • sade van 1 vanieljepeul
  • 2 eierwitte
  • 80 ml suiker (60 ml suiker vir ’n minder soet nagereg)
  • 100 g vars bessies
  • ekstra vars bessies, vir garnering

metode

  1. Sprinkel die gelatien oor die water en laat dit stol. Spuit 8 individuele stolvorms met kleefwerende kossproei.
  2. Smelt die witsjokolade in die boonste gedeelte van ’n dubbelkoker. Meng dit met 125 ml van die jogurt, asook die suurlemoensap en -skil.
  3. Voeg die oorblywende jogurt en die sade van die vanieljepeul by.
  4. Verhit die gelatienmengsel 10 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt en roer by die jogurtmengsel.
  5. Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm en voeg die suiker geleidelik by. Klits tot dik en glansend.
  6. Gebruik ’n metaallepel en vou die eierwitte by die jogurtmengsel in.
  7. Verdeel die jogurtmengsel eweredig tussen die 8 stolvorms. Verkoel tot gestol.
  8. Plaas die bessies in ’n voedselverwerker en pols tot ’n puree vorm.
  9. Keer die stolvorms op individuele nageregbakkies uit en bedien saam met die bessiesous en vars bessies.

Wenk!

Sit voor as nagereg saam met ’n maaltyd bestaande uit ’n porsie vleis en ’n slaai of groentegereg.

Witsjokoladenagereg met vars bessies web

VOEDINGSFEITE

Porsiegrootte: 100 g

Energie (kJ)                                         550

Proteïene (g)                                        3,9

Totale glukemiese koolhidrate (g)       21,6

Totale vet (g)                                       3,1

Versadigde vet (g)                              2

Vesel (g)                                              0

Natrium (mg)                                      64

GI                                                        50,7

***

Slim laekoolhidraatgeregte

Lekker & Gesond reeks

Martie Hofmeyr and Janet Wiegand

LAPA Uitgewers

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0