WITSJOKOLADENAGEREG MET VARS BESSIES

L&G4_lae-koolhidrate web
Aantal porsies: 8 x 100 g
Aanbevole porsiegrootte: 100 g
BESTANDDELE
- 15 ml gelatien
- 30 ml water
- 60 g witsjokolade
- 500 ml laevetvanieljejogurt
- 15 ml vars suurlemoensap
- 5 ml gerasperde suurlemoenskil
- sade van 1 vanieljepeul
- 2 eierwitte
- 80 ml suiker (60 ml suiker vir ’n minder soet nagereg)
- 100 g vars bessies
- ekstra vars bessies, vir garnering
metode
- Sprinkel die gelatien oor die water en laat dit stol. Spuit 8 individuele stolvorms met kleefwerende kossproei.
- Smelt die witsjokolade in die boonste gedeelte van ’n dubbelkoker. Meng dit met 125 ml van die jogurt, asook die suurlemoensap en -skil.
- Voeg die oorblywende jogurt en die sade van die vanieljepeul by.
- Verhit die gelatienmengsel 10 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt en roer by die jogurtmengsel.
- Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm en voeg die suiker geleidelik by. Klits tot dik en glansend.
- Gebruik ’n metaallepel en vou die eierwitte by die jogurtmengsel in.
- Verdeel die jogurtmengsel eweredig tussen die 8 stolvorms. Verkoel tot gestol.
- Plaas die bessies in ’n voedselverwerker en pols tot ’n puree vorm.
- Keer die stolvorms op individuele nageregbakkies uit en bedien saam met die bessiesous en vars bessies.
Wenk!
Sit voor as nagereg saam met ’n maaltyd bestaande uit ’n porsie vleis en ’n slaai of groentegereg.
VOEDINGSFEITE
Porsiegrootte: 100 g
Energie (kJ) 550
Proteïene (g) 3,9
Totale glukemiese koolhidrate (g) 21,6
Totale vet (g) 3,1
Versadigde vet (g) 2
Vesel (g) 0
Natrium (mg) 64
GI 50,7
***
Slim laekoolhidraatgeregte
Lekker & Gesond reeks
Martie Hofmeyr and Janet Wiegand
LAPA Uitgewers
