Categories: NuusPublished On: 29th January 2025

35 000 ha minder mielies geplant

By 3 min read
511 words

plants-768687_1920 (2)

Somergewasse – 2025

Die voorlopige oppervlakteskatting van vandag is hoofsaaklik gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. Neem asseblief kennis dat die oppervlakte aangeplant met gewasse na die area verwys wat alreeds vir alle doeleindes geplant is, insluitende vir graan, kuilvoer en gewas beskadigde area(s).

Kommersiële mielies: Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,646 milj. ha, wat 0,38% of 9 950 ha meer is as die 2,636 milj. ha wat verlede seisoen aangeplant is, en ook 0,23% of 6 100 ha meer as die voornemens om te plant syfer van 2,640 milj. ha soos vrygestel in Oktober 2024.

Die voorlopige oppervlak onder witmielies is 1,600 milj. ha, wat ’n toename van 2,89% of 44 950 ha verteenwoordig vergeleke met die 1,555 milj. ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1,046 milj. ha, wat 3,24% of 35 000 ha minder is as die 1,082 milj. ha geplant die vorige seisoen.

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad: Die voorlopige oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 552 000 ha, wat 4,35% of 23 000 ha meer is as die 529 000 ha aangeplant die vorige seisoen.

Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 1,122 milj. ha, wat ’n afname van 2,43% of 28 000 ha verteenwoordig vergeleke met die 1,150 milj. ha geplant die vorige seisoen.

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 46 175 ha, wat 12,08% of 4 975 ha meer is as die 41 200 ha geplant vir die vorige seisoen.

Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 6,18% of 2 600 ha, van 42 100 ha tot 39 500 ha teenoor die vorige seisoen.

Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 45 500 ha, wat 15,04% of 5 950 ha meer is as die 39 550 ha geplant vir die vorige seisoen.

Die hersiene aangeplante oppervlakte en produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee op 27 Februarie 2025 vrygestel word en sal hoofsaaklik gebaseer wees op inligting verkry vanaf die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”) opname vir die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes provinsies.

Wintergewasse – 2024 produksie-seisoen

Koring: Die verwagte produksie vir koring is 1,925 milj. ton, wat 0,52 % of 10 100 ton minder is as die vorige skatting van 1,935 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,81 t/ha is.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,067 mij. ton (55%), wat 1,69% of 18 400 ton minder is as die vorige skatting van 1,086 milj. ton. In die Noord-Kaap is die verwagte produksie 296 400 ton (15%) – 1,30% of 3 800 ton meer as die vorige skatting van 292 600 ton. In die Vrystaat is die verwagte produksie 225 400 ton (12%) – 1,10% of 2 450 ton meer as die vorige skatting van 222 950 ton.

Die oppervlakteskatting vir koring is 505 300 ha, waarvan ’n geraamde 368 000 ha of 73 % in die Wes-Kaap geplant is, 49 000 ha of 10% in die Vrystaat en 38 000 ha of 8 % in die Noord-Kaap.

Ander gewasse: Die produksieskatting vir gars is onveranderd gelaat op 377 050 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 100 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,74 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 287 445 ton, wat 2,71% of 8 000 ton minder is as die vorige skatting van 295 445 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 165 750 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,73 t/ha.

Die verwagte oes vir hawer vir die 2024-seisoen is 41 300 ton en die oppervlakteskatting is 31 000 ha. Die verwagte opbrengs is 1,33 t/ha.

In die geval van soetlupine is die produksieskatting 19 200 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 16 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,20 t/ha.

Bron: Oesskattingskomitee

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0