Categories: RecipesPublished On: 8th February 2016

Yskaskaaskoek

By 1 min read

18 YSKAS-KAASKOEK

Lewer 6-8 porsies

KORS

  • 200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • 15 ml strooisuiker
  • 5 ml fyn neutmuskaat
  • 100 ml botter, gesmelt

VULSEL

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 250 g gladde maaskaas
  • 125 ml suurlemoensap
  • 15 ml gelatienpoeier
  • 45 ml kookwater
  • 250 ml room
  • repies suurlemoenskil, vir garnering
  1. KORS: Meng die fyngemaakte koekies, suiker, neutmuskaat en gesmelte botter en druk dit in ’n eweredige laag op die bodem van ’n tertbak of ’n 22 cm-losboomkoekpan vas.
  2. VULSEL: Klits die kondensmelk en maaskaas saam. Voeg die suurlemoensap stadig by en klits goed.
  3. Strooi die gelatien oor sowat 30 ml koue water en laat week dit tot sponserig. Roer die kookwater by en roer tot heeltemal gesmelt. Laat die gelatien effens afkoel en klits dit by die maaskaasmengsel tot glad.
  4. Klop die room styf en roer eers een derde by die maaskaasmengsel in. Vou dan die res versigtig met ’n groot lepel in.
  5. Skep die vulsel op die kors en laat dit in die yskas stol.
  6. Haal die koek versigtig uit die pan en plaas dit op ’n bord. Garneer dit met suurlemoenskil.

VARIASIE

Versier die kaaskoek met vars vrugte of bessies.

 

Uit: Lekker & Vinnig 6: Yskasterte – LAPA samestelling ( bl. 40-41)

L&V6_Yskasterte_sm

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0