Categories: RecipesPublished On: 28th January 2016

GEROOSTERDE KEKERERTJIEHAPPIES

By 1 min read
224 words

L&G4_glutenvrye-gebak

Aantal porsies: 4 x 60 g

Aanbevole porsiegrootte: 60 g

BESTANDDELE

  • 400 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 15 ml olyfolie

Geursel

  • 5 ml fyn kaneel
  • 1,25 ml fyn neutmuskaat
  • 1,25 ml fyn sout
  • 30 ml heuning
  • 30 ml sesamsaad

METODE

  1. Voorverhit die oond tot 190 o Voer ’n plat bakplaat met waspapier uit.
  2. Maak die kekerertjies droog op ’n papierhanddoek en versprei in ’n enkellaag op die bakplaat. Rooster 20 minute tot krakerig. Roer elke 10 minute om.
  3. GEURSEL: Meng die olyfolie en geurselbestanddele saam in ’n mengbak. Haal die kekerertjies uit die oond en meng goed met die olyfoliegeursel.
  4. Plaas terug op die bakplaat. Bak nog 10 minute om te karamelliseer. Skakel die oond af, maak die deur oop en los die happies nog 10 minute op die bakplaat.
  5. Sit warm of by kamertemperatuur voor. Wanneer heeltemal afgekoel, kan die happies tot vier dae lank in ’n lugdigte houer gebêre word.

GEURVOORSTELLE

  • Sesamsoja: 5 ml sesamolie; 5 ml knoffelpoeier; 2,5 ml sout; 15 ml geroosterde sesamsaad en 5 ml glutenvrye sojasous.
  • Brandhappies: 2,5 ml sout, 2,5 ml gerookte paprika en 1,25 ml cayennepeper.
  • Parmesaankaas en knoffel: 60 ml fyn Parmasaankaas; 5 ml knoffelpoeier; 1,25 ml varsgemaalde swartpeper en 2,5 ml sout.

VARIASIE!

Gebruik 500 ml gekookte droë kekerertjies in plaas van geblikte kekertjies. Week die kekerertjies in water, kook en spoel af.

7 Geroosterde kekerertjiehappies

VOEDINGSFEITE

Porsiegrootte: 60 g

Energie (kJ)                                         612

Proteïene (g)                                        4,7

Totale glukemiese koolhidrate (g)       16,5

Totale vet (g)                                       5,4

Versadigde vet (g)                              0,7

Vesel (g)                                              3,1

Natrium (mg)                                      103

GI                                                        47,9

***

Glutenvrye gebak & peuselhappies

Lekker & Gesond reeks

Martie Hofmeyr and Janet Wiegand

LAPA Uitgewers 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0