ProAgri 182 April 2015

proagri_182_april_web
Een van die grootste onregte wat ouers ’n kind kan aandoen is om nie vir die kind basiese goeie maniere aan te leer nie. ’n Kind wat iemand in die oë kyk, dankie en as- seblief sê, stilbly as iemand anders praat en nooit oopmond staan en kougom kou in die openbaar nie, het definitief ’n beter kans om gewild te wees as kind, indruk te maak as werksoekende jongmens en erkenning te geniet as verant- woordelike grootmens. Dit is ook so dat iemand wat nooit as kind geleer het om ander te respekteer nie, dit baie moeilik as grootmens sal aanleer en of ’n mens dit wil weet of nie, jou sukses in die lewe hang in ’n groot mate af van jou omgang met andere. Ons is afhanklik van mekaar. Veral in die landboubedryf is dit ’n groot waarheid waar maatskappye as insetver- skaffers, boere as aankopers en produsente, asook die etende publiek mekaar almal letterlik broodnodig het.
Ons as media het ook ons bepaalde plek in dié “voedselketting” en ProAgri is al langer as 20 jaar daar om inligting oor tegnologie, toerusting en ander produkte en dienste onder die aandag van boere te bring. Dit is waarom ek so opgewonde raak as ’n verkoopsman na my terugkom en vertel dat hy na aanleiding van ons artikel oor ’n planter wat so suksesvol tef kan plant nou nog twee planters gaan verkoop. Of ’n eienaar van ’n onderneming wat ruiterlik erken dat hy nou so R2-miljoen se verkope as gevolg van sy reeks advertensies in ProAgri gehad het.
En dit is dan wanneer ek begin wonder of die verteenwoordigers van maatskappye en dikwels van agentskappe wat nie die basiese goeie maniere toon om minstens te antwoord op oproepe en e-posse van ons kant af nie, werklik die belang van hulle maatskappye op die hart dra. Of het hulle ouers hulle maar net nooit goeie maniere geleer nie? Geen mens is so besig dat hy nie minstens asseblief, dankie of selfs nee-dankie kan sê nie.
Van my kant af ’n groot dankie aan al die maatskappye wat dit moontlik gemaak het om van hierdie Nampo-uitgawe so ’n lekkerlees uitgawe vol bruikbare inligting te maak en vir die groot kaart wat jou gaan help om jou roete na ons adverteerders by Nampo te beplan. Haal hom uit en vat hom saam!
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Laai ProAgri 182 hier af.