Categories: Magazine (RSA)Published On: 19th July 2015

ProAgri 184 Junie 2015

By 1 min read
283 words

ProAgri 184

As landboujoernaliste wat spesialiseer in tegnologie- en veral meganisasie-oplossings vir die boer, bied Nampo elke jaar ’n feesmaal vir ons spannetjie. Daar is te veel disse om van alles te eet en dus moet ons maar kieskeurig hap, maar ek vertrou dat u lekker saam sal peusel aan die propvol tafel wat ons hierdie maand voorsit!    

Ek was bly om te sien dat al hoe meer uitstallers begin om aan te dui watter produkte nuut of uniek is en veral watter produkte gesogte tegno- logie-toekennings by internasionale skoue soos SIMA en Agri Technica ontvang het. Dit is goed om te weet dat Suid-Afrikaanse boere aan die voorpunt van tegnologie bly beweeg en ek sien uit na die dag wanneer ons ons eie objektiewe plaaslike toekenningstelsel van die grond af kan kry; nie net vir boerepatente nie.  

Dit was ook goed om kennis te neem van die standpunt teen grondplafonne wat deur landboubesigheid en die banke ingeneem is. Soos uitgespel is deur Brienne van der Walt van ABSA: “As jy eers ingee op die beginsel, dan is die grootte van plase mos ’n arbitrêre saak. Ons moenie daarop toegee nie, êrens moet ons die streep trek.”  

Die streep is getrek en die regering sal nou moet besluit of hulle in die pad wil bly staan van voedselsekerheid en ontwikkeling en of hulle bereid is om te luister na kundigheid in die bedryf. Almal in die bedryf het ’n belang by volhoubare ontwik- kelingsplanne, maar almal besef ook dat net diegene wat werklik wíl en kán boer op landbougrond hoort.

Lekker lees aan al die Nampo- en ander nuus.

Boer slim!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 184 hier af

 

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0