Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 6th May 2025

100% verkope op Doornpan: Vlakte Bonsmara oorbrug uitdagende mark

By 2 min read
369 words

493562501_1195032505762092_2044335943539431217_n

Topgehalte vroulike diere is tydens Vlakte-groep se 19de produksieveiling aangebied.

Vlakte Bonsmara Studiegroep het op Vrydag 2 Mei 2025 hulle 19de produksieveiling op die plaas Doornpan buite Roedtan aangebied – ’n dag wat gekenmerk is deur ’n puik aanbod, goeie gees en 100% verkope te midde van ’n uitdagende mark.

Met altesaam 363 diere verkoop is en ‘n totale omset van R8 798 000, wys die groep weer hulle verbintenis tot gehalte, deurdagte teling en die opbou van vertroue in hulle kopersnetwerk.

Kobus du Toit, voorsitter van die studiegroep, sê hulle is diep dankbaar oor die uitsonderlike ondersteuning wat ontvang is: “Ons is ongelooflik dankbaar dat ons weer ’n 100% verkoop kon behaal. Dit bly ’n kopersmark, en ons glo dat die veiling ‘n uitstekende geleentheid gebied het vir kopers om topgehalte diere teen regverdige pryse aan te skaf.”

Die duurste bul, Lot 14 van Aldigo Bonsmaras is vir R210 000 aan Gielie en Derick Fick van Fick Agri, Claudiushoop-plaas van Dendron verkoop.

Hoogste pryse en gemiddelde van die dag:

Bulle – 31 verkoop

Gemiddeld: R67 742

Hoogste prys: R210 000

Koper: Claudiushoop Wildsplaas (Dendron)

Verkoper: Aldigo Bonsmaras

Dragtige koeie met kalwers – 61 verkoop

Gemiddeld: R27 295

Hoogste prys: R36 000

Koper: AAG Boerdery (Groblersdal)

Verkoper: Tian Kruger Boerdery

Koeie met kalwers – 45 verkoop

Gemiddeld: R23 000

Hoogste prys: R27 500

Koper: JJ Hartzenberg (Polokwane)

Verkoper: Tian Kruger Boerdery

Dragtige koeie – 65 verkoop

Gemiddeld: R22 854

Hoogste prys: R28 500

Koper: Claudiushoop Wildsplaas (Dendron)

Verkoper: Tian Kruger Boerdery

Dragtige verse – 135 verkoop

Gemiddeld: R16 366

Hoogste prys: R23 000

Koper: Venture Beef & Livestock (Lyttleton)

Verkoper: Leon Riekert & Seuns LFR Bonsmara Stoet

Verse by bul geloop – 2 verkoop

Hoogste en gemiddelde prys: R14 000

Koper: MNP Lekganyane (Benmore)

Verkoper: Frits Kroon Boerdery

Oop verse – 24 verkoop

Gemiddeld: R11 458

Hoogsteprys: R17 000

Koper: Otlakisa Modise Investments (Dinokana)

Verkoper: Bosland Boerdery

Die veiling is professioneel hanteer deur Vleissentraal Bosveld in samewerking met SwiftVee, met Mike Killassy as afslaer.

Jean Gouws van Aldigo Bonsmaras verkoper van Lot 14 saam met koper, Derick Fick van Fick Agri.

Komende veilings van die Vlakte-groep wat gedagboek kan word:

  • Jongbeesveiling: 11 Junie 2025
  • Bulveiling: 17 Oktober 2025
  • Vetveeveiling: 3 Desember 2025

Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara Studiegroep verwelkom en bedank alle kopers, borge en groeplede betrokke.

Die Vlakte Bonsmara Studiegroep se aanhoudende sukses is nie net ‘n bewys van hulle genetiese standaarde nie, maar ook van hulle sterk netwerke en verbintenis tot die vooruitgang van die Bonsmara-bedryf in Suid-Afrika.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0