Categories: Artikels, Vee en Wild, VoedingPublished On: 4th June 2026

Yara Animal Nutrition stel twee nuwe opwindende produkte bekend: Selmix 100 & Lotmix 85

By 2 min read
427 words

aeac1cf64b6c454f92cc412eb2b35c01

Met insetkoste wat voortdurend styg, soek boere toenemend na koste-effektiewe en praktiese voedingsoplossings vir hul diere. Daarom stel Yara Animal Nutrition Selfmix 100 en Lotmix 85 bekend wat die meng van lekke en voerkraalmengsels vergemaklik. 

Selfmix 100

Selfmix 100 is ’n mineraal- en proteïenkonsentraat wat gebruik kan word om verskillende lekke vir beeste, skape en bokke te meng. Boere kan met een konsentraat maklik onderhoudslekke, energielekke en produksielekke meng volgens hul diere se behoeftes.

Selfmix 100 word vervaardig deur die vermenging van Kynofos 21 (‘n monodikalsiumfosfaat), sproeigedroogde melasse-byproduk, Voergraad Ureum en noodsaaklike spoorminerale. Ureum dien as die hoofbron van proteïen en voorsien die rumen-mikroörganismes van stikstof, wat die vertering van droë en lae-proteïenweiding verbeter.

Selfmix 100 is nie melasse-gebaseer nie en innames word dus natuurlik beperk volgens die dier se behoeftes, wat meer doeltreffende benutting en minder vermorsing bevorder.

Selfmix 100 ondersteun ook optimale rumenfunksie en help diere om voedingstowwe beter te benut. Benewens proteïen, voorsien Selmix 100 voldoende fosfaat en belangrike spoorminerale wat veral gedurende die droë seisoen noodsaaklik is.

Selfmix 100 – 50kg.

Selfmix 100 kan as volg afgemeng word vir verskillende lekke:

Let wel:

Selfmix 100 is ‘n konsentraat en kan nie ongemeng aan diere gevoer word nie. Voldoende weiding moet te alle tye beskikbaar wees. Maak diere gewoond daaraan deur die hoeveelheid wat verskaf word geleidelik oor ‘n tydperk van 10 tot 14 dae te vermeerder.

Lotmix 85

Lotmix 85 is ’n veeldoelige, hoogs gekonsentreerde proteïen- en mineraalkonsentraat wat ontwikkel is om die voeding van beeste en skape te verbeter. Die produk bevat nie net proteïene en minerale nie, maar ook al die noodsaaklike spoorminerale, vitamiene en ionofore wat nodig is vir optimale  prestasie.

Aangesien Lotmix 85 so gekonsentreerd is, word slegs een 50 kg-sak benodig om een ton finale voer te meng. Dit lei tot groot besparings vir boere in terme van vervoer- en bergingkoste, aangesien minder stoorruimte benodig word.

Boere kan hul eie beskikbare roumateriale, soos grane en ruvoere, met Lotmix 85 meng om ’n koste-effektiewe en gebalanseerde rantsoen vir hul diere saam te stel.

Lotmix 85 word vervaardig uit hoëgehalte-grondstowwe wat optimale voeromset bevorder en sodoende beter groei en produksie ondersteun.

Lotmix 85 bevat ook groeibevorderaars wat die aanpassing van diere by nuwe rantsoene vergemaklik, voeromset verbeter en die risiko van opblaas verminder.

Lotmix 85 – 50 kg.

Lotmix 85 kan gemeng word vir volledige afrondingsrantsoene vir beeste en skape:

Opsomming

Vir boere wat hul voedingsprogramme eenvoudiger, meer ekonomies en doeltreffend wil bestuur, bied Yara Animal Nutrition se Selfmix 100 en Lotmix 85 praktiese alles-in-een-oplossings.

Vir enige verdere navrae, besoek Yara Animal Nutrition se webwerf by www.yara.co.za of kontak hulle gerus by (+27) 82-322-0333. 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0