Würth: Jou eenstopwinkel vir jou werkswinkel

DSC_0091
Würth se nuwe sweisreeks, MIG/ MAG wat onlangs in Suid-Afrika bekendgestel is.
Enige werk aan voertuie, staalwerk en houtwerk is maklik wanneer jy die regte gereedskap in die hand het. By Würth kan jy dit kry!
Würth is ‘n internasionale maatskappy met die moedermaatskappy in Duitsland, en hulle is sedert 1970 in Suid-Afrika bedrywig. Hulle het tans 83 000 werknemers regoor die wêreld en die Würth-groep het meer as 400 verskillende lynondernemings.
Sedert 2005 stal hulle by NAMPO uit. Aan die begin was daar net twee verkoopspersone wat buite gestaan en demonstrasies gedoen het. Nou het hulle ՚n groot standplaas waar hulle span al die beste en nuutste gereedskap aan boere wys.
“Tot dusver het ons ‘n goeie ervaring met die skou; ons het Woensdag baie mense by ons standplaas gehad en ons hoop dat elke dag daarna beter sal wees as die vorige dag. Ons sien uit na die oorblywende gedeelte van die skou,” het Ray Fernandez, streeksverkoopsbestuurder vir Würth in Suid-Afrika, met ProAgri se besoek aan die standplaas gesê. Hy het bygevoeg dat hulle ook saam met al die ander uitstallers dankbaar is om na ՚n afwesigheid van twee jaar terug te wees by NAMPO.
Würth is saamgestel uit ‘n aantal verskillende afdelings, waarvan die grootste en bekendste die motorafdeling is, wat verantwoordelik is vir die verkryging van produkte vir die motor-en duikklopbedryf. Daar is ook ՚n metaal-, konstruksie- en houtwerkafdeling. Daarby is hulle tans in die proses om uit te brei na nuwe afdelings.

Würth bied ondersteuning aan hulle kliënte deur meer as 290 kliëntedienskonsultante wat permanent in diens is, benewens hulle 12 Express-winkels, hulle aanlynwinkel en hulle inbelsentrum.
By die NAMPO-week het hulle meer as 700 lynitems gehad, en hulle het ongelooflike spesiale aanbiedinge uitgestal vir items soos ՚n verskeidenheid sokstelle en sperratte met gansneksleutels, pragtige messe, chemiese produkte, sny- en slypskyfies, en die MIG/MAG nuwe sweisreeks wat onlangs in Suid-Afrika bekendgestel is. Hulle het ook ՚n wye reeks koordlose en gewone kraggereedskap uitgestal.
Ray het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor al die mense wat hulle ondersteun deur te sê: “Aan al ons aanhangers, baie dankie vir die ondersteuning wat ons oor die jare van julle ontvang het.”
Besoek gerus hulle webwerf by https://eshop.wurth.co.za vir verdere inligting, of kontak hulle by wurthsa@wurth.co.za indien jy enige navrae het.
Kyk die volledige video ProagriMedia: