Categories: NewsPublished On: 22nd March 2017

Woolworths se Mature Gouda steel die kollig

By 3 min read
588 words
Mature Gouda

PotY2017ParmalatSAWoolworthsMatureGouda10Months

Parmalat se Mature Gouda (10 maande) wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is op vanjaar se Agri-Expo Qualité Toekenningsdinee as die 2017 SA Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Hierdie kaas, ʼn aromatiese en intens-gegeurde kaas, volg in die voetspore van hulle 6-maande verouderde Gouda wat hierdie gesogte titel in 2006 ingepalm het.

Nie minder nie as 854 produkte van 83 produsente het meegeding om die aandag van die 74 beoordelaars uit die geledere van onder meer voedseltegnoloë, kaashandelaars, kosskrywers en bekende sjefs. Slegs sestien produkte uit die magdom inskrywings is met die Qualité kwaliteitsmerk vereer, terwyl 95 as SA Kampioene aangewys is.

Nuwe kategorie: melk

Selfs na 183 jaar waarin Agri-Expo hierdie toonaangewende kompetisie met groot sukses en met groot waardering vanuit die bedryf aanbied, is hulle steeds voortdurend aan die uitkyk vir skeppende maniere om die proses te vervolmaak. Derhalwe is daar vanjaar nuwe kategorieë vir gepasteuriseerde melk en UHT melk geskep. “Ons is maar te bewus van die voorkoms van kwaliteit- en smaakverskille as dit by melk kom en ons is voorwaar verras met die verskeidenheid en gehalte van inskrywings,” sê Johan Ehlers, Agri-Expo HUB. “Die beoordelaars het vier melkprodukte as SA Kampioene aangewys: Clover se Prisma UHT Volroom én UHT Laevet, Fairfield Dairy se Woolworths Gepasteuriseerde Melk (Laevet – Ayrshire), sowel as die Woolworths Ayrshire Volroom Melk deur Rhodes Food Group.”

“Dit is geen maklike taak om die Suiwelproduk van die Jaar uit te ken nie,” vertel Kobus Mulder, hoofbeoordelaar en internasionale suiwelkundige. “ʼn Mens moet onthou dat produkte in klasse soos roomys en botter, of maaskaas en skaapmelkkaas met mekaar moet meeding. Om hierdie rede het Agri-Expo ʼn nuwe prosedure ingestel waar die Qualité wenners teen mekaar opgeweeg word om die mees superieure produk vanuit hierdie eersteklasprodukte te bepaal. Voorheen het die eer bloot die produk met die hoogste algehele puntetelling te beurt geval.”

Dertien nuwelinge tel onder vanjaar se produsente wat hulle produkte ingeskryf het – vyf hiervan maak hoofsaaklik bokmelkprodukte wat die neiging van groei in hierdie nisprodukte gestand doen. Volgens Jason Sandell, medestigter van Las Paletas, wat vanjaar vir die eerste keer ingeskryf het, beteken ʼn gesaghebbende kompetisie soos hierdie veral baie vir kleiner nismark handelsmerke. “Ons het gekies om van ons 100% natuurlike suiwelprodukte in te skryf wat wyd aftrek kry by verbruikers,” verduidelik hy. Las Paletas het ʼn SA Kampioen-toekenning vir hulle Grande Chocolate Lolly gewen. In ʼn poging om volgehoue verbetering en vernuwende denke aan te moedig, gee die beoordelaars deeglike terugvoer aan alle deelnemers.

Agri-Expo bedank graag die borge van die aand vir hulle toewyding tot die ontwikkeling van die SA suiwelbedryf: Du Pont, Kerry Ingredients, MANE, Crown Ingredients, CONDIO en AFC.

2017 QUALITÉ WENNERS:

Parmalat SA (4) – Simonsberg Matured Gouda

Woolworths Matured Gouda 10 months

Matured Cheddar

Woolworths Vintage Cheddar – minimum age: 18 months

Lancewood Holdings (3) – PnP Low Fat Chunky Cottage Cheese – Sweet Piquant Pepper & Garlic

PnP Medium Fat Cream Cheese – Balsamic & Onion

Medium Fat Plain Cream Cheese

Belnori Boutique Cheesery – Kilembe

Clover – 1906 Extra Mature Cheddar: 10-18 months

Dalewood Fromage – Dalewood-Lanquedoc

Delitaly – Don Gelato Piemonte Hazelnuts

De Pekelaar Kaas – Boerenkaas with Cumin

Fair Cape Dairies – Woolworths Full Cream Raspberry Yoghurt

Fairview Cheese Company– Woolworths De Leeuwen

Foxenburg Estate – Renosterbos Matured – 4 months

Klein River Cheese – Klein River Gruberg – Extra Mature

Vir meer inligting en die volledige uitslae, besoek http://www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by +27 (0)21-975-4440/1/2/3 of cheese@agriexpo.co.za.

Suiwel-entoesiaste kan baie van hierdie uitstekende produkte by die SA Kaasfees proe van 28-30 April by Sandringham.

Bron: Agri-Expo

Suiwelproduk van die Jaar, Parmalat SA Woolworths Mature Gouda (10 maande). Foto: Andrew Gorman

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0