Wolmark daal vir die eerste keer in 2017

wol
Op die 19de wolveiling van die 2016/2017 seisoen het die Cape Wools merinowolmarkaanwyser met -2,6% gedaal en op 15470c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer -3,77% laer as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 18388 (-0,4%) 21 µ 14262 (-4,2%)
19 µ 17455 (-0,3%) 22 µ 13946 (-3,4%)
20 µ 15539 (-3,4%) 23 µ 13960 (-2,6%)
Die grootste kopers op die veiling was: Lempriere South Africa (2 822 bale), G Modiano (2 584 bale). Standard Wool 2 469 bale). Van die 9 672 bale wat aangebied is, is 9 297 bale verkoop (96%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
| TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
| Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
| 1. JS Van Zyl | Barkly-Oos | AAFF | MWF4S.95 | 17.0µ | 71,7% | 38 | 14820c |
| 2. L De Beer | Adelaide | BFY | MF4E.66 | 17.4µ | 71,0% | 37 | 14500c |
| 3. JS Van Zyl | Barkly-Oos | AF | MF4E.93 | 18.6µ | 73,8% | 39 | 14300c |
| 4. OJ Klingenberg | Wakkerstroom | AFY | MF5S.95 | 17.4µ | 68,9% | 43 | 14210c |
| 5. JS Van Zyl | Barkly-Oos | AAFFH1 | MWF4S.90 | 17.8µ | 71,1% | 36 | 14200c |
| 6. JW Van Niekerk | Amersfoort | BH | MWF5S.69 | 16.7µ | 69,3% | 38 | 14120c |
| 7. PJ Roodt | Elliot | AH | MWF5E.85 | 18.1µ | 69,5% | 46 | 14010c |
| 8. L Groenewald | Riviersonderend | BH | MWF4B.82 | 17.4µ | 69,0% | 37 | 14000c |
| 9. JJ Wessels | Caledon | BFF | MF4E.69 | 17.1µ | 68,4% | 42 | 14000c |
| 10. JS Van Zyl | Barkly-Oos | AFFH | MWF5S.79 | 16.3µ | 69,7% | 31 | 14000c |
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling vir die nuwe seisoen katalogus P2016 sal op 1 Februarie 2017 plaasvind.
Bron: BKB