Categories: NewsPublished On: 22nd June 2011

Wes-Kaap-minister-sê-grondbesit-sonder-harde-werk-maak-nie-ryk-nie

By 1 min read

Meneer Gerrit van Rensburg, die Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling het in sy toespraak tydens ‘n grondhervormingsdebat gesê dat die uitdeel van grond op sig self nie probleme sal oplos nie. 

Hy het gesê dat baie Suid-Afrikaners die fout maak om grondeienaarskap aan voorspoed te koppel, maar dat die saak in die moderne samelewing nie so eenvoudig is nie.
 
“Rykdom kan slegs op grond geskep word wat op ‘n produktiewe wyse gebruik word. Grond wat nie aan die eindverbruiker deur ‘n geïntegreerde waardeketting gekoppel is nie, kan nie rykdom skep nie.”
 
“Grond en mense moet met die ekonomie geïntegreer word sodat werksgeleenthede geskep kan word.” 
 
Hy het ook gesê dat die skep van welvaart uit grond uit harde werk bestaan. “Dieselfde grond waarmee rykdom geskep kan word, kan ook sorg vir armoede indien dit nie reg gebruik word nie” het hy in die toespraak gesê.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment