Wat kos die voedsel in jou mandjie?

voedselmandjie
Voedselpryse styg maandeliks en die styging is aansienlik meer as die gemiddelde inflasiekoers. Jy gaan nou amper 16% meer betaal vir dieselfde mandjie kos wat jy verlede jaar hierdie tyd gekoop het, sê die Nasionale Landboubemarkingsraad. Mense moet twee keer dink of hulle regtig dit wat hulle in hulle mandjie geplaas het, benodig. Stadspryse verskil ook van landelike pryse.
Die koste van ‘n basiese voedselmandjie:
Die samestelling van die voedselmandjie lyk so: Appels (per kg), piesangs (per kg), beesvleis (per kg), margarien (500g), geblikte bone (410g), kool (per kg), Ceylon/swart tee (62,5g), vars hoenderporsies (per kg), gevriesde hoenderporsies (per kg), eiers (1,5 dosyn), geblikte vis (425g), volroom langlewemelk(1ℓ), kitskoffie (750g), bruinbrood (700g), witbrood (700g), mieliemeel (5kg), uie (per kg), grondboontjiebotter (400g), aartappels (per kg), rys (2kg), sonneblomolie (750mℓ), tamaties (per kg).
Vanaf Mei 2015 tot Mei 2016 het die koste van hierdie basiese 22 items-kosmandjie met 15,97% verhoog vanaf R519,49 tot R602,45.
Vergelyking tussen stedelike en landelike pryse: Mei 2016
Die voedselpryse wat die grootste verskil gewys het was 500 g margarien wat ‘n R2,66 verskil gehad het, 62,5 g Ceylon/swart tee wat ‘n verskil van R0,60 gehad het, 750 ml sonneblomolie wat ‘n R0,52 verskil gewys het, 700 g witbrood wat ‘n R0,45 verskil gehad het en 700 g bruinbrood met ‘n R0,37 verskil. Dit is goedkoper om in die platteland kos te koop.
Die NLBR monitor voedselpryse op kleinhandelvlak en gee verslae aan die publiek deur. Die Departement van Landbou het die Food Price Monitoring Committee (FPMC) by die NLBR begin om oor voedselpryse in SA verslag te doen.