Vrystaat Boran Klubveiling ten bate van Joost

vrystaat-boran-klub-veiling
Die Vrystaat Boran Klub gaan die opbrengs van Lot nr 1 asook 1% van die omset van hulle klubveiling aan Joost van der Westhuizen se J9 Stigting te skenk. Die stigting het ten doel om mense wat aan motorneuronsiekte (MNS) ly, by te staan.
Die klubveiling is die 22 ste Oktober 2016 by Kroon Boma in Kroonstad om 11:00.
Daar gaan ook Boran-semen en 2 x slaglammers opgeveil word ten bate van Joost se organisasie, die klub het ook al R15 000 in kontant ontvang van telers en skenkers af.
Joost van der Westhuizen gaan ook die veiling bywoon maar gaan net ‘n kort rukkie daar wees, want hy is reeds swak en word baie vinnig moeg daarom sal hy na lot nr 1 vertrek.
Vir verdere inligting skakel vir dr Paul Pienaar by 082-924-6078 of Anton Lombard by 074- 102-2365.