Categories: NewsPublished On: 22nd December 2016

Vooruitsigte vir brandstofpryse

By 1 min read
110 words
brandstofpryse

brandstof

Die vooruitsigte vir laer brandstofpryse in Januarie lyk op die oomblik redelik goed volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vandag bekend gemaak is, sê  Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Volgens hierdie inligting kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng moontlik op 4 Januarie met 41,5 c/l verlaag word en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud met 32,2c/l. Die redes vir die moontlike verlagings in die pryse kan hoofsaaklik aan die laer internasionale petroleumpodukpryse toegeskryf word, terwyl die R/$-wisselkoers slegs ‘n klein negatiewe invloed op die pryse oor die periode vanaf 2 Desember 2016 tot 21  Desember gehad het.

Bron: Fanie Brink – Onafhanklike Landbou-Ekonoom

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0