Categories: NewsPublished On: 13th October 2016

Volkswagen se nuwe Polo Vivo Storm

By 1 min read
199 words
volkswagen

polo-vivo-storm_001_1800x1800

Suid-Afrika se topverkoper passasiersmodel, Polo Vivo, is vernuwe met die toevoeging van ‘n visueel treffende spesiale uitgawe, Storm.

Polo Vivo is die top verkoper in passasiersmodelle vanaf dit in die mark in 2010 ingekom het. Tot op hede het Polo Vivo (luik- en sedan-liggaam variante) 217 139 eenhede verkoop.

Die spesiale uitgawe, Storm, wat nou te koop is, is gegrond op die 1.4i Trendline met 63 kW onder die enjinkap en met ‘n luik-liggaam.

Die buitekant van die Storm onderskei hom van ander Polo Vivo modelle met die standaard toerusting soos misligte met chroomrande, 15-duim Tosa-allooiwiele wat metaalswart geverf is en glansende swart kantspieëls. Agter loer die chroompunte van die dubbele uitlaatpyp uit.

Die binneruim het ‘n paneelbord met ‘n twee-kleur afwerking in grys en ceramique. Die luggate, middelkonsole, kleingeldbakkies en bekerhouer is ook in ‘n ceramique afwerking, terwyl die stuurwiel, rathefboom en handrem in leer toegedraai is. Die dakvoering is in antrasiet ingekleur. Storm is toegerus met ‘n eksklusiewe drie-kleur sitplekafwerking wat die ceramique paneelbord komplimenteer.

Vir vermaak kom die Polo Vivo Storm met standaard CD/radio met Bluetooth-verbinding, SD Card, USB-poort en ses luidsprekers.

Polo Vivo Storm verkoop vir R187 300 (BTW en emissie belasting ingesluit).

Bron:  Volkswagen Brand Public Relations

volkswagen

volkswagen

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0