Categories: NewsPublished On: 19th September 2016

Volkswagen ondersteun Forever Wild-renosterredding

By 1 min read
190 words

amarok

Volkswagen het die borgskap van die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram uitgebrei deur ses nuwe Amarok dubbelkajuit-bakkies vir nog ‘n jaar te borg. Die program word deur Wilderness Foundation Africa bestuur en die samewerking met Volkswagen het in 2011 begin. Die ses Amarokke sal gebruik word om pro-aktiewe renosterbeskerming en teen-stropery bedrywighede in dele regoor die land te ontplooi.

Thomas Schaefer, voorsitter en besturende direkteur van die Volkswagen-groep SA, sê: ” “Volkswagen is verbind daartoe om die Wilderness Foundation deur middel van sy Forever Wild-renosterbeskermingsprogram te help om die bedreigde renosterbevolking te bewaar. Ons wil omgewingsbewuste organisasies help.”

“Die Forever-Wild renosterbeskermingsprogram is ‘n verlenging van ons verhouding met Volkswagen. Hierdie ooreenkoms met Volkswagen het ons organisasie gehelp om een van die mees suksesvolle beroepsopleidingsentrums vir jeug in die land,Umzi Wethu, te vestig,” sê Andrew Muir, hoofuitvoerende beampte van die Wilderness Foundation Africa.

Die Forever Wild-renosterbeskermingsprogram ondersteun bewaringsagentskappe en private wildreservate om hulle renosterbevolkings te beskerm.

“Ons is baie dankbaar vir Volkswagen wat ons met hierdie voertuie toevertrou. Hulle is meer as net ‘n teen-stropery voertuig, maar is ‘n belangrike komponent in ons bewaringsinisiatiewe regoor die land,” sê Matthew Norval, hoofbedryfsbeampte van Wilderness Foundation Africa.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0