Categories: NewsPublished On: 22nd March 2017

VL verwelkom verootmoedigingsgeleenthede

By 1 min read
259 words

DankDagVirRenNampo24Mrt2017

Dit is met groot dankbaarheid dat die bestuur van Vrystaat Landbou (VL) op 24 Maart 2017 die gebedsgeleentheid in dankbaarheid vir die reën oor groot dele van die land by NAMPO Park in Bothaville gaan bywoon. Na ’n droogte wat talle boere tot op die uiterste van hulle vermoëns en uithouvermoë getoets het, was die honderde millimeters reën wat sedert Januarie die jaar voorgekom het ’n groot bron van hoop.

Boere in die Fauresmith-distrik sê binne ’n kwessie van maande het hulle in die huidige somerseisoen dieselfde hoeveelheid reën gekry as wat hulle in 2015 en 2016 saam gehad het. In die Vierfontein-distrik het sommige boere sedert Oktober 2016 byna dubbel hulle gemiddelde reënval van sowat 550 mm al gemeet.

Die organisasie wil graag alle boere in die provinsie uitnooi om die geleentheid by te woon, en om ook hulle werkers en ander lede van die gemeenskap saam te bring. “Hoe wonderlik sal dit nie wees om te sien hoe almal wat van die sektor afhanklik is, ook hulle dank kan betuig vir die reën waarmee almal geseën is nie,” sê VL in ‘n verklaring.

Die geleentheid sal om tienuur begin.

Gebedsgeleentheid op 22 April 2017 in Bloemfontein

Die organisasie steun ook die gebedsgeleentheid wat Angus Buchan en sy span op 22 April 2017 in Bloemfontein aanbied. Die geleentheid sal rondom twee-uur begin.

Die fokus van die geleentheid is om alle Suid-Afrikaners te vereniging om te bid vir vrede, geregtigheid en hoop in die land. Daar sal ook vir die regering en vir die vlakke van geweld gebid word.

Bron: Vrystaat Landbou

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0