Categories: NewsPublished On: 9th August 2011

Vitamech-bewaar-die-beste-in-jou-bale

By 4 min read
Die Tube-Line-baaltoedraaier draai ’n hele ry bale kop aan kop toe: vinnig, maklik en doeltreffend.
Vitamech is nie een van daardie maatskappye wat sommer maklik vir jou die son, maan en sterre beloof nie, maar met hulle puik baaltoedraaiers en nuwe Sun Gold Stretch Film kan jy voorwaar die beste in jou bale vasvang!
 
Sunfilm-baalplastiek is reeds sedert 1988 bekend onder boere en is wêreldwyd in verskillende klimaatsomstandighede getoets.
 
Nou, met nuwe tegnologie, voer Sun Gold Stretch Film die goeie eienskappe verder. Dit is besonder sterk en skeurtraag en weerkaats die son se skadelike ultravioletstrale so dat die bale se temperatuur grootliks konstant bly. Daarby klou die baalplastiek werklik om te verseker dat die suurstof- en vog-inhoud optimaal bly.
 
Elke bees is ’n belegging en daarom moet ’n boer toesien dat die voer wat hy gee voedsaam en gesond is. Om bale toe te draai, maak dit vir ’n boer moontlik om daardie ekstra voedingskrag vas te vang en lank te bewaar.
 
Vitamech se Sun Gold Stretch Film beskerm jou voer voortreflik. Dit is besonder sterk en skeurtraag en weerkaats die son se skadelike ultravioletstrale sodat die bale se temperatuur grootliks konstant bly. Daarby klou die baalplastiek werklik om te verseker dat die suurstof- en vog-inhoud optimaal bly.
Om seker te maak dat die voordele van Sun Gold Stretch Film nie net praatjies is nie, het Vitamech die hulp van die Universiteit van Stellenbosch ingeroep om dit te toets. Dr Andy Roediger het 600 uur lank sy bes probeer om die baalplastiek se swakhede te vind. Die toets is gelykstaande aan ’n jaar se blootstelling aan wind en weer. Dit is wat hy te sê gehad het:
 
The bale wrap looks good and does not break while retaining the same amount of elongation. It is considered not to decompose during a one year outdoor exposure.
 
Nog ’n nuutjie wat Vitamech graag aan boere bekend stel, is die doeltreffende nuwe Tube-Line-baaltoedraaier. Dié hardwerkende, vinnige masjien hanteer ronde en vierkantige bale en kan nou die bale net so vinnig toedraai as wat hulle gebaal word.
 
Groot besparings is moontlik omdat die bale in een string aanmekaar toegedraai word, so knus soos ’n lekker stukkie boerewors!
 
Al drie Tube-Line-modelle is daarop bereken om dit vir die boer so maklik as moontlik te maak om die beste voer vir sy diere te verseker. Jy kan kies:
  • Die TLR5000AX2 draai ronde bale van 1,68 meter toe.
  • Die TLR5500AX2 is geskik vir ronde bale tot 1,68 meter en blokkiebale tot 0,914 x 0,914 x 1,68 meter.
  • Die ouboet van die reeks, die TL 6500AX2, se kos is ronde bale tot 1,83 meter en vierkantbale tot 0,914 x 0,914 x 2,1 meter.
 Al drie modelle draai 120 bale per uur toe en is lekker laag sodat hulle maklik gevoer kan word. Hulle het hulle eie enjins en hidrouliese stelsels sodat jy net ’n trekker nodig het om hom van ry tot ry (of plaas tot plaas) te beweeg.
 
Die Tube-Line se enjin is laag gemonteer vir maklike versiening en beheer. Sy groot brandstoftenk sorg dat jy nie elke nou en dan vir aanvulling hoef te stop nie en die rollerwiele waarop sy “ram” beweeg, verminder wrywing en verseker ’n lang raamlewe.
 
Dis maklik en gou om nuwe baalrye te begin en voltooide rye af te sluit. Die “wors” bale word sagkens neergelaat op ’n “bewerstert” met rollers, en die bale word styf teenmekaar ingeryg sodat geen lug kan indring om jou voer te benadeel nie.
 
As jy sake nog lekkerder, makliker en vinniger wil maak, praat dan met die Vitamech-span oor opsies soos die Twin Wrap-stel wat die beskerming verdubbel en die toedraaityd verminder, die robuuste afstandbeheerder wat tot op 30 meter werk, ’n sterker enjin en hidrouliese pomp vir vinniger toedraaiwerk, ’n filmsensor wat die masjien stop as die toedraaiplastiek opraak, ’n hidrouliese aandryfstelsel wat die toedraaier sonder trekker van ry na ry laat stap en ’n werklig sodat jy tot laat in die nag kan bale toedraai.
 
Vir meer inligting oor Sun Gold Stretch Film-baalplastiek, kontak Barry Raats, barry@vitamech.co.za, 021-907-8000/082-801-6109. As jy meer oor die Tube-Line-baaltoedraaier wil weet, praat met: Jurie Swart, jurie@vitamech.co.za, 083-375-8840, Louis v/d Merwe, louis@vitamech.co.za, 072-626-8409 of Shaun Fourie, shaun@vitamech.co.za, 082-803-1014.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment