Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Vir-vyfster-dienste-verkies-wild-Waterberg-Game-Dealers

By 2 min read

Kieskeurige wild ver­kies die kundigheid en ervaring van Waterberg Game Dea­lers wanneer hulle gevang, gekoop, verkoop, vervoer en gehuisves moet word.

Coena Smith het in 1974 al met wildvangery deurmekaargeraak en in 1982 amptelik voltyds tot die bedryf toegetree. Sy beleid is: Luister na alle raad en voorstelle, probeer alles wat logies klink, benut tegnologie, bestudeer alle soorte wild, probeer bepaal hoe hulle dink en moet nooit ophou leer nie.

Met hierdie houding verseker Coena dat Waterberg Game Dealers altyd aan die kennisvoorpunt is om die doeltreffendste diens in die mark bied.

Sy drie flink, fris seuns, Ola, Janco en Coena, het in die wildbedryf grootgeword en is ook al drie bekwame wildvangers en helikopter­vlieëniers.

Hulle almal strewe na seepgladde, stipte doeltreffendheid om diere aan so min ontwrigting en spanning as moontlik bloot te stel.

Ook al die lede van Waterberg se vangspanne en vragmotorbestuurders is ervare spesialiste in wildhantering en -vervoer.

Hulle verstaan elke soort wild se aard en voorkeure en gebruik die mees doeltreffende metodes en middels om hulle werk vinning, flink en verliesloos af te handel.

Waterberg Game Dealers lewer ’n reeks dienste aan die wildbedryf:

  • Koop wild regstreeks by wildboere en vind kopers daarvoor
  • Vang wild en bring dit vei­lings toe op Vaalwater (sien veilingsdatums onder)
  • Vang wild vir die boer en help hom om dit te ver­koop

Vir hierdie dienste gebruik Waterberg Game Dealers hulle eie helikopters, hulle eie vloot vragmotors wat enige soort wild, tot kameelperde, renosters en olifante,veilig vervoer, en hulle eie veilings­terrein op Vaalwater met krale wat tot 2 500 stuks wild in groot gerief huisves.

En so van die veilingsterrein gepraat – dis ook die plek waarheen jy kan gaan om Oom Gielie se Dipbak te koop. Dié dipbak behandel wild en vee teen eksterne parasiete terwyl hulle voer of lek daaruit gebruik. Aan die kante van die bak is geute vol opgietmiddel met rollers wat dit na die dier se nekvel oorplaas, vanwaar dit deur die haarvate opgeneem en versprei word om bosluise te beheer.

Jy kan ook op die terrein by Waterberg Wa­pens en Ammunisie met sy geakkrediteerde skietbaan aandoen vir vuurwapen­opleiding, herlisensiëring of om wapens en ammunisie te koop. Bel Riaan van Zyl by 014-755-3583 of 082-356-8338 vir meer besonderhede.

Wat jou verbintenis met die wildbedryf ook al is, selfs al is jy net van voorneme om ’n paar blesbokke op jou hoewe te vestig, Coena Smith, sy wakker seuns en sy flink span wilddeskundiges is die mense om mee te praat.

As jy jou wild se harte wil bly maak, bel Coena Smith vandag nog by 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0