Vir mooi hooi: Sny flink en skoon met Pöttinger se Alpha Motion

pottinger 1
Die Pöttinger 351 Alpha Motion-snyer word voor aan die trekker gemonteer en sny 3,5 meter breed.
Lewendige belangstelling is by Nampo Kaap uitgelok deur Valtrac se voortreflike reeks skitterprodukte en die Pöttinger Alpha Motion-snyers het boere opgewonde aan die praat gehad. Daar is twee modelle in die reeks: die 351 en die 301.
Die verskil tussen die twee is dat die 351 bane van 3,5 meter wyd sny en die 301 bane van 3 meter wyd. Alpha Motion-tegnologie beteken dat die snyer van kant tot kant, vorentoe en agtertoe kantel om deurgaans alle grondglooiinge honderd persent getrou na te volg om al die materiaal skoon en gelyk op dieselfde hoogte af te sny. Dit maak die masjien meer doeltreffend en veroorsaak dat daar beter hergroei plaasvind vir die volgende snit.
Die Pöttinger 351/301 snyers word voor aan die trekker gekoppel en kan ook gekombineer word met die Novacat X8 wat agter aan weerskante van die trekker sny. So kan ’n totale wydte van bykans twaalf meter op ’n slag gesny word.
Die unieke platlemontwerp sny waar ander snyers nie kan nie. Waar die gras dalk welig gegroei het, of waar dit gaan lê het, sny die plat lemme gemaklik onder die gras in om die snit gelyk en eenvormig te hou. Alle funksies kan maklik vanuit die trekker se kajuit beheer word.

Die snyer is so ontwerp dat die lemme gou en moeiteloos in die veld vervang kan word met ’n handige hefboom uit die gereedskapskassie wat op die werktuig aangebring is. Dit vergemaklik die onderhoud van die masjien en beteken dat dit gouer weer aan die werk kan spring. Die snyers word verskaf met ’n ekstra stel lemme sodat dit om die beurt kan sny terwyl die ander stel geslyp word.
Valtrac is die betroubare verskaffer van Pöttinger Alpha Motionsnyers. Kontak Valtrac se kundige mense by 056-817-7308, stuur ’n e-pos aan Attie de Villiers by attiedev@valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za.