Categories: Video's, VideosPublished On: 10th June 2025

VIDEO – STIHL: Betroubare en doeltreffende toerusting

By 0 min read
91 words

STIHL TN

STIHL se naam is reeds dekades lank sinoniem met robuuste kettingsae en bosmaaiers wat onder selfs die moeilikste toestande presteer. By NAMPO 2025 het STIHL hulle plaasfokus duidelik gemaak met die vertoning van hulle volledige Boerereeks – ’n stel van meer as 230 spesifiek gekose produkte wat aangepas is vir Suid-Afrikaanse boerderypraktyke.

Hierdie toerusting is nie net gebou vir krag nie, maar ook vir eenvoud. Die meeste produkte in die reeks is ontwerp met minimale elektronika en eenvoudige meganika sodat boere self herstelwerk kan doen sonder spesialisgereedskap.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0