VIDEO: Scania se jongste Super-tegnologie

TN – SCANIA NAMPO
Om die toekoms te lei beteken om voortdurend te ontwikkel, en dit is presies wat Scania gedoen het deur beheer van die vervoerbedryf oor te neem met die bekendstelling van hul nuwe Scania Super aan die mark. En watter beter plek is daar om die nuutste vervoertegnologie ten toon te stel as by NAMPO Bothaville?
Scania is ’n wêreldleidende verskaffer van vervoeroplossings wat sterk fokus op kliënte se winsgewendheid én die bewaring van ons planeet.
“Met Scania verkoop ons nie net ’n produk nie, ons verkoop ’n oplossing. Wanneer ons met kliënte praat, praat ons oor die totale bedryfsekonomie,” het Michael Schoeman, streeksverkoopsbestuurder vir Scania Gauteng, tydens die bekendstelling van die Super by NAMPO gesê.
Sien die video hieronder vir meer: