VIDEO: Klein maar kragtig – Reinke se minispilpunt

Reinke_SmallPivots_TN
Of jou land groot of klein is maak nie saak nie – jou plante benodig steeds water.
Vir kleinskaalse boere is groot spilpunte nie kostedoeltreffend nie. Kleinskaalse en opkomende boere benodig ‘n besproeiingstelsel wat verskuif kan word en wat nie ekstra uitgawes benodig om water of krag na die spilpunt aan te lê nie.
Dit is wanneer jy iets klein maar kragtig soos Reinke se minispilpunt nodig het.
Kies tussen lengtes van 41,8 m tot 65 m met oorhang.