VIDEO: Halfmiljoen vir Bonsmara Genetics-bul!

Screenshot 2024-08-19 101316
Die Bonsmara Genetics-groep het op Vrydag, 9 Augustus hulle tweede produksieveiling op die plaas, Smallepad, Roedtan, gehou.
Die gehalte diere wat die Bonsmara Genetics-groep tydens die veiling aangebied het, het die groep se beleid en visie weerspieël – om die Bonsmara-voetspoor regoor die land uit te brei deur gesogte Bonsmara-genetika te produseer wat waarde tot die kuddes van medetelers toevoeg.
Die duurste bul, Lot 8, AH 21-45 is deur André van der Heyde van Boschhoek Bonsmaras vir R500 000 aan verskeie telers verkoop. Hulle is: Ahmed Bhamjee van Bhamjee Bonsmaras, Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmara, Paul Roos van Bonro Bonsmaras en Etienne van Tonder van Maroela Boerdery.