VIDEO – Die wêreld se grootste spilpunt | Reinke doen dit weer

Reinke Zambia_TN
In die hartjie van Zambië se Mkushi-besproeiingsgebied, waar daar vrugbare grond is, staan Reinke se spilpunte uit.
Tussen velde van goue mielies, koring en rye welige piesangs, strek dit oor die lande soos ’n staalreus — die wêreld se grootste spilpunt merk ’n nuwe hoofstuk in die landboubedryf in Afrika.
• 491,11 meter lank
• Het 9 torings
• 6,1 meter hoog tot by die traliewerk
• Besproei ’n 75-hektare veld
Nie net is hierdie spilpunt die hoogste spilpunt in die wêreld nie, maar ook die eerste SuperGator-spilpunt op Afrika-grond.
Kyk die video vir meer: