Categories: NewsPublished On: 1st November 2016

Verwagte reënval en risiko’s vir die res van die seisoen

By 1 min read
215 words
reen

reen-wolke

Korttermynvoorspellings wys op ‘n redelike goeie kans vir reën in veral die eerste week van November oor groot gedeeltes van die land wat selfs die verdere westelike dele van die land kan insluit.

Meer as 20 mm – 50 mm word verwag oor Noordwes Provinsie, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en gedeeltes van Limpopo en die Oos-Kaap. Dit is volgens ’n weerverslag wat Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, met Vrystaat Landbou (VL) gedeel het.

Volgens die verslag word die ontwikkeling van effens sterker koeler see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan verwag, wat kan lei tot meer karaktertrekke van La Niña. La Niña is gewoonlik goeie nuus vir mid- tot laatsomerrëen, tot in die meer westelike dele.

Volgens ’n opname oor reënval tussen 17 en 23 Oktober, het tussen 20 mm en 100 mm oor van die sentrale en noordelike dele van die land voorgekom.

Johan meen die seisoen kan die volgende gevare inhou:

  • Die gevaar vir stormagtige, winderige toestande met hael bly steeds groot.
  • Swaar reënneerslae kan dalk plek-plek voorkom.
  • Die situasie rondom oppervlakwater vir menslike gebruik asook besproeiing versleg egter nog daagliks oor gebiede. Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n bietjie aanvulling of stabilisering van damme kan begin voorkom met die verwagte reën in die eerste deel van November.

 Bron: Vrystaat Landbou Nuusflitse

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0