Categories: NewsPublished On: 11th July 2016

Verspreider van die maand

By 1 min read
286 words

verspreider van die maand julie

ProAgri gee elke maand ‘n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besonderse moeite doen om die tydskrif te bevorder. Die yskoue winter in die Oos-Kaap verhoed nie dat Stefan du Plessis, bestuurder van OVK Somerset- Oos, sy plaasbesoeke met ‘n paar ProAgri’s in sy hand voortsit nie. “As ek kliënte op die plaas gaan besoek neem ek sommer van die ProAgri’s saam en gee dit vir hulle sommer met die hallo-sê, wat nogal as ‘n goeie ysbreker werk,” sê hy. Maar dit is nie al wat Stefan en sy tak doen om die tydskrif te bevorder nie. “ProAgri is by die betaalpunt beskikbaar vir mense om te neem soos hulle wil. As die boer dit nie gesien het nie, gee ons dit vir hom of sit dit in sy inkopiesakkie.” Dit beteken OVK Somerset-Oos is een van die finaliste onder ons verspreidingspunte wat ‘n kans staan om teen die einde van die jaar ‘n Cadacbraaier te wen. Stefan is ook ‘n kranige ProAgri-leser en vertel graag vir ‘n boer watter interessante dinge hy die maand in ProAgri gelees het terwyl hy die tydskrif in sy hand stop.

Neem só deel:

Neem ’n foto of laat jou kollega ’n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-8708 of versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskrifte ontvang het.

Foto: Hier gee Stefan du Plessis(regs) ’n ProAgri vir AJ van der Westhuizen wat op Warland Court naby Somerset-Oos boer. Stefan ontvang ’n R500-koopbewys vir sy moeite.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0