Verbeter jou vrugte se gehalte met Plusnet se skadunette

_MG_6972
Vir groente- en vrugteboere is skadunette oor boorde baie belangrik om die gehalte van die vrugte te verseker en om die vrugte teen peste en die son te beskerm.
Plusnet vertel meer van hulle nette vir tamaties en bloubessies:
Tamaties – 40% titaniumnet
“Die 40% titaniumnet blok 40% van skadelike UV-strale van die son en het ’n skadufaktor van 23%,” sê André van Zyl, verkoopsverteenwoordiger van PlusNet/Geotex.
Tamaties hou van son en daarom kan jy enige ligte kleur net gebruik afhangende van die omgewing waar dit geplant word.
“Wanneer ek sê ’n ligte kleur net, bedoel ek wit, grys, titaan of silwer. Daar moet altyd in ag geneem word dat, hoe donkerder jou net, hoe hoër is die skadufaktor en meeste groentesoorte hou nie van skaduwee nie.
“Hoe warmer die omgewing, hoe donkerder die net. Wanneer die net te donker is, het jy gewoonlik ’n hoë vegetatiewe groei en ’n swakker vruggehalte,” sê hy.
André noem dat daar in die Noordwes-provinsie reeds nethuise van 40% titanium in gebruik is en die boer oes op die oomblik so tussen 160 en 190 ton tamaties per hektaar, waar hy op sy oop lande tussen 60 en 100 ton per hektaar kry.
Bloubessies

Bloubessies laat ’n mens dink dat ’n blou net gebruik moet word, maar na verskeie toetse is bevind dat die blou kleur te donker is. “’n Hoë vegetatiewe groei met ’n swakker, kleiner vrug was die resultaat van die donkerblou kleur,” sê André.
“As die blou net geweef is met blou-wit, blou-silwer, blou-natuurlik (deurskynend) word ’n baie beter vruggehalte en hoër opbrengs verkry.”
Voëlnettte keer dat die voëls die boer se oes verniel

Voëlnette met gaatjies van 17 mm groot keer die voëls, maar laat die bye en ander vriendelike insekte deur.
André sê die voëlnet is beskikbaar in rolle van tot 50 m lank en van 1 m tot 5 m breed. Die net is lig en maklik om te hanteer. Dit kan oor ’n gewone nethuis-raamwerk getrek word of net oor die openinge gespan word.
Toetse het getoon dat dit geen invloed op bye se bewegings het nie. Voëls sien ook die net betyds raak en wyk liewer uit na die buurman se boord, waar daar nog nie ’n voëlnet gespan is nie!
Deur boorde en wingerde met lae persentasie skadunette toe te maak, kan die oeste verbeter en verhoog word. Dit word deels veroorsaak deur die filtrering van die ligspektrum by die nette en deels deur die fisiese beskerming wat die net bied.
Voordele van skadunette:
• Verminder die hitte
• Verbeter fotosintese
• Beter en minder watergebruik
• Verbeterde uiterlike vruggehalte
• Minder wind-, hael-, storm-, en reënskade
• Gladder skil en beter kleur van die vrug
• Beskerming teen voëls
• Beskerming teen die son verminder sonbrand
Kontak André van Zyl by 011-412-3954, stuur ’n e-pos na nets@plusnet.co.za, of besoek hulle webwerf by www.plusnetgeotex.co.za om meer oor hulle nette uit te vind.
Gaan loer gerus op Agri4all.com na Plusnet se produkte.