Categories: NewsPublished On: 29th June 2016

Veilingnuus: Meaker Brafords hou warm veiling op koue dag

By 1 min read
110 words

meaker

Meaker Brafords het hulle vierde produksieveiling op die plaas Draaihoek-distrik, Warden gehou op 14 Junie 2016. Drie bulle is verkoop vir die hoogste prys van R 39 000 onderskeidelik aan Appeldoring Boerdery van Middelburg, Mpumalanga (twee bulle) en Rodewald Boerdery  van Piet Retief (een bul).

Pieter Schullenburg van Pietersburg en Thiele Estates van Paulpietersburg het elkeen ‘n bul gekoop vir R 37 500. 29 bulle is verkoop teen R 29 241 gemiddeld.  JL vd Merwe en seuns van Bethal was die grootste koper met agt bulle. Daar is 23 dragtige verse met ‘n gemiddeld van R 11 556 aan Appedoring Boerdery verkoop. OVK het die veiling aangebied en PM Swart was die afslaer.

Foto: Bul nommer M 13-6, verkoop vir R37 500.00 (Lot 2)

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0