Veiligheidsherroeping op 63% van Ford Kuga 1.6 modelle is voltooi
Ford SA sê dat vordering gemaak is met die uitvoering van die veiligheidsherroeping vir die 1.6 liter Ford Kuga. Meer as 63% van die betrokke voertuie is alreeds herstel en terug by hulle eienaars, wat nou gerus kan wees.
Ford het dringend versoek dat alle kliënte wat nog nie hulle voertuie ingebring het nie, dit dadelik moet doen. Ford voorsien kliënte met ander rygoed vir die tyd wat hulle voertuie in die werkswinkel staan.
“Ons handelaars is onophoudelik besig om onderdele te vervang, die integriteit van die verkoelingstelsel te toets en te verifieer, om kliënte van sagteware-opdaterings te verseker en om kliënte terug in hulle voertuie te kry,” sê Jeff Nemeth, president en besturende direkteur van Ford Motormaatskappy vir Suidelike Afrika.
“Teen 2 Maart was die herroepingsaksie op amper 2 800 voertuie afgehandel. Ford en ons handelaars doen alles in hulle vermoë om steeds die ongerief vir kliënte te verminder en om seker te maak dat hulle veilig kan ry.”
‘n Totaal van 4 556 modelle 1.6-liter Ford Kugas wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is, is in SA deur die herroeping geraak.
Ford bevestig dat daar nog nie weer ‘n Kuga in vlamme was nadat hulle die veiligheidsherroeping gedoen het nie.
Ford het ook met die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) op 2 Maart vergader om vir hulle die nuutste inligting oor die vordering met die Kuga-veiligheidsherroeping te gee.
Ford SA het die volgende stappe geneem om enige ongerief wat hulle kliënte kan ervaar te verminder:
- Ford sal die dekking van alle Kuga-modelle in Suider-Afrika tot ‘n totaal van ses jaar of 200 000 km verleng, wat ook al eerste kom. Die Ford Kuga PremiumCare verlengingsplan sal outomaties by alle Kuga modelle in SA, Namibië, Botswana, Swaziland en Lesotho, insluitend die Kuga 1.6 petrol, die 1.5 liter petrol, die 2.5 liter petrol en 2.0-liter diesel en petrol afgeleides bygesit word.
- Hulle het hulle huidige venootskap met die AA(Automobiel Assosiasie) verleng vir Ford-padbystandsdiens vir alle 1.6 Kuga voertuie, ook buite die standaard 3-jaar dekkingsperiode om vir kliënte gemoedsrus te gee.
- Ford se handelaars het direk met hulle kliënte deur teksboodskappe, foonoproepe en e-posse gekommunikeer. Hulle stuur ook briewe aan hulle kliënte en het ‘n sosialemediaveldtog geloods en van advertering gebruik gemaak. Dit is in ooreenstemming met wetgewing en toepaslike verbruikersriglyne. Nie alle Kuga-eienaars het die verandering van hulle persoonlike besonderhede aan Ford deurgegee nie – so hulle het ook ‘n versoek daarvoor ingesit.
- Ford het hulle inbelsentrum vergroot en ‘n Kuga-ondersteuningspan saamgestel met langer ure en naweekondersteuning. Die inbelsentrum het meer as 20 000 oproepe en 5 000 e-posse van Ford-eienaars sedert die bekendstelling van die veiligheidsherroeping hanteer.
- Die nodige onderdele is by handelaars afgelewer.
- Voertuie is aan Kuga-eienaars verskaf sodat hulle steeds ‘n voertuig het om mee te ry.
- Hulle het ondersteuningsprogramme begin om hulle handelaars by te staan wanneer hulle met kliënte kommunikeer.
- Handelaars sal ook vir elke 1.6 Kuga eienaar ‘n brief gee om te bevestig dat die nodige onderdele vervang is wat hulle meer gerus sal stel.
Inligting vir kliente:
- As enige 1.6 Kuga-eienaar ‘n aanduiding kry dat die enjin oorverhit of waarskuwings op die paneelbord ontvang, moet hulle so gou as wat hulle kan aftrek, die enjin afskakel en verseker dat alle insittendes uit die motor is. Die enjinkap moenie oopgemaak word nie.
- Indien nodig moet die nooddienste eerste gekontak word.
- Kliënte moet gereeld die verkoelingstelsel ondersoek en in stand hou.
Ons moedig kliente aan om enige vrae of bekommernisse aan Ford-kliëntediens te rig by 0860-011-022 of e-pos CRC3@ford.com.
Bron: Ford motormaatskappy